CrimeNews

Ver­dag­te skaars ’n week ná vrylating weer terug in die selle

’n Man wat daar­van aan­ge­kla is dat hy voer­tuig­ban­de in Be­la-Be­la ge­steel het, was skaars ’n week uit aan­hou­ding toe hy weer in­ heg­te­nis ge­neem is.

Col­len Se­met­sing (42), ’n Be­la-Be­la-in­wo­ner, is vroe­ër in ­heg­te­nis ge­neem nadat die polisie hom met vermoe­delik ge­steel­de ban­de in sy be­sit be­trap het.

Sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, het aan Die Pos ge­sê Se­met­sing is weer op Dins­dag 10 Sep­tem­ber in ­heg­te­nis ge­neem na­dat hy glo ’n groot­skerm­te­le­vi­sie in die Be­la-Be­la-town­ship ge­steel het. Die het gevolg skaars ’n week nadat hy op borg­tog van R500 vrygelaat is in verband met die voer­tuig­ban­desaak, het Ma­pon­ya ge­sê.

Charles Ma­ka­ka­ba (38), wat glo ’n me­de­plig­ti­g in die diefstal van die televisie was, is op Dins­dag 17 Sep­tem­ber aan­ge­keer.

Se­met­sing en Ma­ka­ka­ba ver­skyn op Maan­dag 30 Sep­tem­ber vir hul borg­tog­aan­soek op die nu­we aan­klag. Hul­le bly in aan­hou­ding.

Related Articles

Back to top button