Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Klub 60, wat reeds jare in Bela-Bela bekend is, het nou hul vlerke gesprei en op Maandag 16 Sep­tem­ber is die eerste gesellige byeenkoms in Modimolle gehou. Die klub skep die ge­leent­heid vir mense bo 60 om nu­we vrien­de tydens maandelikse byeenkomste te ontmoet. Die Mo­di­mol­le-klub het reeds 21 le­de. Vir na­vrae oor die Mo­di­mol­le-klub 60 kan men­se vir Leo­nie Lom­bard bel by tel. 083 666 2754.

 

Die Bela-Bela-gemeenskap het afskeid geneem van sers. Morné Cloete wat ’n werkaanbod in die veiligheidsbedryf in Nieu-Seeland aanvaar het. Cloete was 19 jaar aan die Suid-Afrikaanse Polisie-
diens betrokke en was voor sy uittrede in die Rust de Winter-omgewing gestasioneer. Hy het reeds op Dinsdag 17 September na die buiteland vertrek. Sy vrou en seun, Anzelle en Morné (jnr), beoog om in November by hom aan te sluit. Anzelle is ’n eiendomsagent in die dorp en Morné jnr. is besig met studies in die opvoedkunde en is ’n studenteonderwyser by Laerskool Warmbad. Op die foto is die gesin by die OR Tambo-lughawe toe Morné oorsee vertrek het.

 

Hierdie drie kunste­naars van Mook­go­phong, Ben Smit, Char­maine van der Linde en Ray Bres­ler, het op Vry­dag 30 Augus­tus ’n heer­like kaas-en-wyn­gesellig­heid aan­gebied om al hulle getroue onder­steu­ners te bedank vir hul loja­liteit. Die vure het hoog ge­brand om die koue te verdryf en ’n lekker glasie wyn het gesorg vir ’n vro­like atmos­feer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button