GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

KT Sono is ’n staat­maker in Hoër­skool Warmbad se kook­water­krieket­span. KT het in die wed­stryd teen Hoër­skool Hans Strijdom op Woens­dag 11 Sep­tember 60 lopies aange­teken. Hy het op Saterdag 14 September in die wedstryd teen Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi 66 lopies geslaan. Die Warries het met 131 lopies gewen. Die Warries speel op Saterdag 5 Oktober in die Limpopo-finaal in Polo­kwane. Foto: Herman Steyn

 

Laerskool Warm­bad se o.11-krieket­span het op Woens­dag 11 Septem­ber teen die Nylies kragte ge­meet. Die War­ries het met 21 lopies gewen. Op die foto is Quintin Fourie, wat staat­makerspel gele­wer het. Foto: Herman Steyn

 

Henco Meyer van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle is ’n baie belowende rugbyspeler. Hy is gekies vir die o.13-Bloubullespan. Hier staan hy baie trots in sy Bloubulrugbytrui.

 

Hierdie tuimelgimnaste van die Warmbad-gimnastiek- en tuimelklub het op Saterdag 14 September in Benoni aan die Aerialnastix-distrikkompetisie deelgeneem. Voor is Mckayla Vermaak en agter is Amoné van Niekerk, Reinhard van Niekerk en Amelia Louw. Albert Groothof was afwesig met die neem van die foto. Die nasionale Aerialnastix-kampioenskap vind op Saterdag 26 Oktober plaas.

 

Die provinsiale krieketproewe vir laerskole het einde Augustus in Polokwane plaas-
gevind. Twee leerders van Laerskool Nylstroom het span gekry. Johan Bosch is ge-
kies vir die o.11A-Limpopospan en Lukas van der Merwe vir die o.13B-Limpopospan.

 

Die landloopspan van Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong het hierdie seisoen aan vier ligabyeenkomste deelgeneem. Hulle het na afloop van die laaste byeenkoms by Laerskool Julian Muller in Groblersdal trofeë verower vir meisies o.7, meisies o.8, seuns o.9, seuns o.10, seuns o.11, meisies o.12, meisies o.13 en seuns o.13. Die meisies- en seunspan het die trofee ontvang as wenners en die span is aangewys as die algehele wenspan. Die afrigters van dié wenspan is Elsa van der Merwe, Estie Müller en Sandra Wells.

 

Die hokkiespan van Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong het ná die Julie-
vakansie vier ligawedstryde gespeel waarvan hulle drie gewen het. Hulle het deur-gedring na die uitspeelwedstryde by Ben Viljoen in Groblersdal. Hulle het ook deurgedring na die Limpopo-kwarteindronde in Polokwane. Dit was die eerste jaar dat dié span aan die liga deelgeneem het. Op die foto is die trotse meisies saam met hul afrigter, Estie Müller.

 

Niel du Plessis van Hoërskool Warmbad was een van die uitblinkerswemmers in die kruipslag tydens die Interhoër-swemgala wat op Dinsdag 17 September by Hoërskool Warmbad gehou is. Hoërskool Piet Potgieter van Mokopane was die wenskool met Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal tweede en Hoërskool Warmbad derde. Foto: Herman Steyn

 

Lara Daling van Hoërskool Warmbad het ’n sterk eindpoging gehad in die vlinderslag vir meisies o.14 tydens die interhoër swemgala. Die jaarlikse gala is op Dinsdag 17 September by Hoërskool Warmbad gehou. Hoërskool Piet Potgieter van Mokpane was die wenskool met Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal tweede en Hoërskool Warmbad derde. Foto: Herman Steyn

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button