Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Polisielede in Limpopo is op Woensdag 11 September tydens ’n glansryke geleentheid in Polokwane vir uitnemendheid vereer. Ook plaaslike polisielede was in die kollig. Op die foto is kapt. Sian van der Berg, lt. kol. Ntsobe Lekgoathi, kapt. Piet Rapetswa, brig. Annelien Steyn, lt. kol Jan Koekemoer, kapt. Piet Schoeman en AO Blok Pretorius, almal van die Modimolle-kring, wat Vaalwater, Rankinspas, Modimolle, Mookgophong, Roedtan en Tuinplaas insluit.

 

Die Bela-Bela-polisie het op Dinsdag 17 September in Oosthuizenstraat in die dorp beslag gelê op ’n gesteelde voertuig, ’n silwer STI Volkswagen Polo. Sers. Frans Maponya, Bela-Bela-polisiewoordvoerder, het gesê ’n onbekende aantal verdagtes was dieselfde dag in Mokopane by ’n inbraak betrokke en dié booswigte het die voertuig by ’n voertuighandelaar in Mokopane gesteel. Hulle het daarna rekenaartoerusting by ’n plaaslike onderneming gebuit en na Bela-Bela gevlug. Hoewel die polisie die verdagtes probeer voorlê het, is hulle tans nog op vrye voet. Die voertuig is verlate gevind. Enige persoon met inligting oor die voorval word aangeraai om die polisiestasie dadelik te kontak by tel. (014) 736 9760/1.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button