LettersOpinion

Hierdie soort uitsprake bekommer

Die leiers van die BLF en EFF en die sekre­taris-generaal van die ANC is die voor­bokke met uitspra­ke waarin hulle hul onder­steuners aan­moe­dig om eerder blanke Suid-Afri­kaners aan te val as swart buite­landers.

Louis Meintjes, presi­­dent: Trans­­vaalse Land­­bou-unie (TLU SA), skryf:

Die opsto­­king en rasse­­haat wat tydens xeno­­f­o­biese geweld in Suid-Afrika teen blankes aange­­vuur word, is vir TLU SA nie net onaan­­vaar­­baar nie, maar ook uiters kommer­­wek­­kend.

Hoewel die presiese motief van groepe soos die BLF en EFF on­seker is, is dit duide­lik dat hulle rasse­­haat teen blan­kes ver­­kondig en selfs so ver gaan om te sê dat geweld teen blan­kes reg­verdig­baar is.

Die leiers van die BLF en EFF, Andile Mngxita­ma en Julius Malema, en die sekre­taris-generaal van die ANC, Ace Maga­shule, is die voor­bokke met uitspra­ke waarin hulle hul onder­steuners aan­moe­dig om eerder blanke Suid-Afri­kaners aan te val as swart buite­landers.

Mngxitama dreig dat “hulle” eendag teen die blan­kes sal draai en die wit minder­heid sal bla­meer vir “hulle” ar­moede. Hy sê dat die plunde­ring en op­roer net die kleed­repe­tisie vir ’n burger­oor­log teen blankes is terwyl Ma­lema sy “Afrika-broers en -susters” aan­moe­dig om eerder hul woede teen die “eie­naars van ryk­dom — wit mono­polis­tiese kapi­taal” te mik. Maga­shule ontken dat xeno­fobie enig­sins die rede vir die onluste is omdat blankes nie aange­val word nie.

Moorde op boere op hul plase is in ver­hou­ding meer as drie keer soveel as moorde op die ge­mid­delde Suid-Afrikaner. Baie van die plaas­moorde kan toe­geskryf word aan die irra­sionele haat vir blan­kes wat verkon­dig word deur hierdie soge­naamde revo­lusionêre groepe.

Weer­stand teen die revo­lusionê­re groepe se ideo­logie en fisieke aanslag is vir TLU SA van kar­dinale belang. Omdat ’n irra­sionele ideo­logie deel uitmaak van die aanslag kan ’n mens dit nie teen­staan soos ’n mens enige ander aanslag teen­staan nie.

TLU SA se Stop BLF-veld­tog is nie op een per­soon gemik nie, maar op ’n irra­sionele revo­lusio­nêre ideo­logie wat haat en geweld teen blankes aan­moedig. (Brief verkort. — Red.)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button