LettersOpinion

Beleid in dokument bespreek

Die bespre­kings­doku­ment verteen­woor­dig ’n vars bries uit ower­heids­geledere.

Dr. Theo de Jager, direksie­voor­sitter: Suider-Afrika Agri-inisia­tief (Saai), skryf:

Die Suider-Afrika Agri-inisia­tief (Saai) ver­wel­kom die nasionale tesou­rie se be­spre­kings­doku­ment oor eko­nomiese beleid wat op Dins­dag 27 Augus­tus uit­gereik is.

Dié doku­ment van 62 bladsye fokus op vyf temas wat swak eko­nomiese groei en toenemende werk­loos­heid oor die lang­ter­myn sal hok­slaan. ’n Groot deel van die doku­ment fokus op die land­bou- en dienste­be­drywe aange­sien hierdie sektore in die beste po­sisie is om arbeids­inten­siewe groei te bewerk­stellig. Verbe­terde toe­gang tot finan­siering, bekos­tig­bare land­bou­verse­kering, land­bouteg­niese advies­dienste vir ont­wikkelende boere en toe­gang tot markte is som­mige van die prio­ri­teite wat genoem is om ’n vriende­liker omge­wing, waarin land­bou kan gedy, te skep.

Die bespre­kings­doku­ment verteen­woor­dig ’n vars bries uit ower­heids­geledere, en Saai hoop dat dit wyer as net by die tesourie byval sal vind. Die olifant in die kamer, wat nie deur die doku­ment in ag geneem word nie, is die demper wat SEB-vereistes en groot­skeepse bedrog op beleg­gers se aptyt plaas. In dié verband staan die bespre­kings­doku­ment in skrille kontras met die dreige­mente van Thulas Nxesi, minister van arbeid, om meer drako­niese rasse­kwotas aan maat­skappye op te dwing.

Saai is veral opge­wonde oor Tito Mboweni, minister van finan­sies, se voor­stelle oor ’n moont­like gesub­sidieerde verse­kering­skema vir land­bou omdat dit toe­gang tot finan­siering sal bevor­der, risiko­be­stuur sal ver­breed en ’n unieke geleent­heid sal skep om pro­duksie­data in te win.

“Dit is ook tref­fend dat die verslag die belang­rike rol van eien­doms­reg en die besit van bates onder­skryf. Ná die onlangse Graham-uitspraak oor die uitbrei­ding van die wet op die opgradering van grond­besit­regte sal ons graag wil sien dat beguns­tigdes van grond­hervorming en die Land Redistribution for Agricultural Development-plan titelaktes ontvang vir hul grond.

Saai glo as die voorstelle in die bespre­kings­doku­ment realiseer, dit die mede­dingend­heid van Suid-Afrikaanse land­bou met rasse skrede sal laat styg.

Saai het op uitno­diging van Mboweni onder­neem om voor Sondag 15 Septem­ber kommen­taar te lewer op die voor­ge­stelde land­bou­strategie wat in die doku­ment vervat is.

Related Articles

Back to top button