LettersOpinion

Minderhede moet aandag geniet

Ramaphosa het gesê die lot van min­der­hede was voor 1994 hoog op die agenda en die tyd het aan­ge­breek om weer daar­aan aandag te skenk.

Dr. Corné Mulder, Vry­heids­front Plus (VF Plus): hoof­sweep, skryf:

Pres. Cyril Rama­phosa erken dat hy bewus is van onte­vreden­heid onder minder­hede in Suid-Afrika en sê hy is bereid om daar­aan aandag te skenk en om met die VF Plus oor die aan­ge­leent­heid in gesprek te tree.

Dié er­kenning en toege­wing het gevolg nadat die VF Plus die presi­dent tydens vrae­tyd in die parle­ment gepols het oor onte­vreden­heid weens die mar­ginali­sering en ver­vreem­ding van min­der­hede in die land.

Ramaphosa het gesê die lot van min­der­hede was voor 1994 hoog op die agenda en die tyd het aan­ge­breek om weer daar­aan aandag te skenk.

Die VF Plus het aan Rama­phosa gesê dié party is gereed om met hom en die re­ge­ring in ge­sprek te tree. Die VF Plus het voorts gesê die toets van ’n ware demo­krasie is hoe ’n rege­ring na min­der­hede om­sien. In Suid-Afrika is min­der­hede nie net ’n per­sep­sie nie, maar ’n werk­lik­heid.

Niemand teken be­swaar aan wan­neer onge­lyk­hede van die ver­lede aan­ge­spreek word nie, maar daar kan nie net na die een groep gekyk word en nie na die ander nie. Wanneer min­der­hede voel hulle word gemin­ag, moet dit aan­dag kry.

Suid-Afrika se Grond­wet maak dit duide­lik dat die land se presi­dent een­heid onder alle mense moet be­vorder tot groter voor­deel van die land.

Voor­heen is te veel gesien hoe leiers van die rege­rende party net aandag skenk aan een­heid binne hul party en nie nood­wen­dig aan die land nie. Dit is ver­keerd en ver­oor­saak pro­bleme. Minder­hede wil ’n bydrae lewer tot voor­uit­gang in die land, maar voel tans uit­gesluit.

Related Articles

Back to top button