Local newsNews

Vroue leer van verdediging

Die lede van die Vroue Landbou-unie (VLU) se Nylstoom-tak het geleer hoe om hulself te beveilig.

Henry Esterhuizen, bestuurder van First National Bank (FNB), het die vroue toegespreek oor hoe om hulself binne en buite die bank te beveilig as hulle transaksies doen. Hy het ook saam met Thomas Hanekom, ’n leerder van Hoërskool Nylstroom, gedemonstreer watter grepe kan help as iemand jou handsak of kaart wil gryp.

 

Joan Schoeman wys die VLU-vroue hoe om ’n kokedama, ’n Japannese tegniek om plante in mos te plant, te maak.

 

Volgens Elsa du Plessis, skakelbeampte, het ’n verteenwoordiger van die plaaslike ambulansdienste die vroue ook gewys hoe om hartmassering toe te pas en wat om te doen as iemand verstik. “Ons het voorts die simptome van verskillende kankers, diabetes en hartaanvalle bespreek,” het sy gesê.

Die onderwerp tydens die mees onlangse vergadering was kreatiwiteit. Joan Schoeman het vir die vroue gewys hoe om kokedamas, ’n Japannese tegniek om plante in mos te plant, te bemeester en ’n tafelrangskikking vir twee te maak.

Du Plessis het vroue aangemoedig om by die tak aan te sluit. Die vroue vergader elke derde Dinsdagmiddag om 14:30 by die Abraham Kriel-kinderhuis se saal.

Vir meer inligting bel Du Plessis by tel. 082 707 9506.

Related Articles

Back to top button