GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Franja Roos van Waterberg Kleuterland in Modimolle het pannekoek verkoop tydens die entrepreneursdag wat op Vrydag 2 Augustus by die Waterbergskool vir CVO gehou is. By haar is ouma Elize en pa Frans wat hand bygesit het.

 

Colin Boshoff van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het op Saterdag 3 Augustus aan die landwye Blitsbrein-kompetisie deelgeneem. Dit word op die televisieprogram Via uitgesaai. Hy was algeheel negende in Gauteng en is genooi om op Woensdag 4 September aan die finale ronde deel te neem.

 

Die gemeenskapsgroep Aksie Opknap het saam met die Bye-span van die Kranskop Voortrekkers ingespring om die ou oorlogsbegraafplaas in Modimolle op te ruim. Hulle het hulp gehad van Zibi die volstruis, ’n karakter wat kinders aanmoedig om op te ruim.

 

Die Bosveld Interlaerredenaars het op Saterdag 24 Augustus by Laerskool Warmbad plaasgevind. Anel-Marie van der Walt van Laerskool Nylstroom het in die afdeling vir eerste addisionele taal (gr. 1-3) deelgeneem en is as kategoriewenner aangewys.

 

Lukas van der Merwe, Wynand van Niekerk, Wessel Swart en Altus du Plessis van Laerskool Nylstroom het op Donderdag 29 Augustus aan die finale ronde van die AstroQuiz-wetenskap-vasvra by die Universiteit van Limpopo deelgeneem. Dié slimkoppe het die Nylies se naam hoog gehou.

 

Marli Broodryk (gr. 6) en Stefan van Heerden (gr. 5) van Laerskool Nylstroom het op Saterdag 24 Augustus aan die Bosveld-interlaerredenaarskompetisie by Laerskool Warmbad deelgeneem. Marli is as kategoriewenner vir gr. 6 en 7 aangewys.

 

Hierdie jong pianiste van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het op Maandag 19 Augustus aan die ATKV-kunsfees deelgeneem en puik uitslae behaal. Anzelle Coetser het twee sertifikate vir hoogste lof en ’n B+ toekenning verwerf, Zhaneardt Grahan het hoogste lof en A++ vir sy klavierspel behaal en Melienke Vermaak het drie hoogste lof, twee A++ en ’n A+ behaal vir die musiekstukke wat sy gespeel het. Anzelle en Melienke het ook op Maandag 23 Augustus hul Unisa-musiekeksamen afgelê. Hulle wag nog op die uitslae.

 

Grace Katjedi, a Grd 9 learner at Mohlakamotala High School in Vaalwater, won second place in the provincial debate competition. This event was held on Saturday 24 August in Polokwane. The event was hosted by the Department of Transport. Grace has qualified to take part in the national event which will be held in September.

 

Dié leerders van Jinnah Park Primary School in Bela-Bela het op Donderdag 15 Augustus hoogste lof-toekennings by die Waterberg Afrikaanse Kunstefees met hul items in stilstaande poësie behaal. Op die foto is Amanda Jansen van Vuuren (skoolhoof) en Candy Makhubela. Agter staan Itumeleng Rathokolo, Karabo Makhubela, Katabo Sekgala en Palea Phaka. Foto: Herman Steyn

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button