Home/Galleries/Community galleries/Geite en giere… Community galleriesGalleries Geite en giere… Wat gebeur in- en om die Waterberg? September 6, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die inwoners van Alma was die afgelope week weer onrustig en het die paaie deur die dorpie versper. Die polisie se onluste-eenheid is ingeroep om die toestand te moniteer. Teen Woensdagoggend 4 September het AO James Findlay van die Modimolle-polisie bevestig dat die dorp kalm is. Die inwoners is ontevrede met hul verkose raadslid, Grace Mashitishu, en het uit woede haar huis in Alma op Dinsdag 13 Augustus aan die brand gesteek. Duisende hektaar landbougrond het ook in die slag gebly. Drie verdagtes sou op Donderdag 5 September in die hof verskyn het. ANC-verteenwoordigers van die Waterbergstreek sou die inwoners Woensdag toegespreek het. Foto: Verskaf Vyf van Die Pos se personeellede het verlede week ’n kursus in media-etiek by Capital Media in Pretoria deurloop. Nuwe mediawetgewing, slaggate in die joernalistiek en op sosiale media, asook die nuwe bepalings van die perskode is aan die groep van sowat 25 kursusgangers verduidelik. Helene Eloff (prokureur, joernalis en regsadviseur van die Caxton-koerantgroep) was die kursusleier. By haar sit Ronel van Jaarsveld van Die Pos en agter staan Willie Nel, Sue Kotze, Lesly Barnard en Keina Swart. Die polisie het kunstenaarsvoorstellings vrygestel van die drie verdagtes wat gesoek word in verband met die aanval op ’n afgetrede egpaar van Bela-Bela. Die egpaar, wat verkies om anoniem te bly, is op Vrydag 9 Augustus in hul huis in Apiesdoringlaan in die dorp vasgebind en beroof. Die verdagtes het hulself as huiskopers voorgedoen. Mense met inligting word gevra om kapt. Renier Schutte, ondersoekbeampte, by die Bela-Bela-polisiestasie te bel by tel. 082 565 9051 of tel. (014) 736 9733/9755. September 6, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print