Home/Galleries/Community galleries/FOTOGRAFIE: In fokus Community galleriesGalleries FOTOGRAFIE: In fokus Die wêreld vasgevang deur ’n kameralens. September 6, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Dorette Nel se foto “Sonsondergang” was die wenner in die ka- tegorie vir landskappe tydens die Bosveld-fotografieklub se Julie-byeenkoms. Die beoordeelaars was Anne d’Oliviera, president van die Fotografiese Vereniging van Suid-Afrika en Mark Geldenhuys van die Camera Club of Johannesburg. Bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 om by die klub aan te sluit. Drina van der Merwe se treffende foto “Olifante” het ’n merietetoekenning in die driesterafdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se Augustus-vergadering. Kom kuier gerus elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela saam met die lede. Drina van der Merwe se treffende foto “Liplekker” het ’n merietetoekenning in die driesterafdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se Augustus-vergadering. Bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725 om by die klub aan te sluit. Gerda de Bruto se besondere foto “Werk om te oorleef” het ’n merietetoekenning in die seniorafdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se Augustus-vergadering. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Kathleen Stevens se besondere foto “Terrasse” het ’n merietetoekenning in die tweesterafdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se Augustus-vergadering. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Belangstellendes is baie welkom. Vir meer inligting bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725. You can read the full story on our App. Download it here. September 6, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print