GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Laerskool Nylstroom speel dié seisoen baie goeie tennis. Die Nylies se Anika Swart het op Woensdag 14 Augustus bygedra tot haar span se sukses toe hulle Laerskool Warmbad se eerste tennisspan geklop het. Foto: Herman Steyn

 

Dié langasems van Laerskool Nylstroom het die Limpopo-landloopspan gehaal en neem op Saterdag 7 September aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Pretoria deel. Op die foto is Megan van der Merwe, Elandi van Staden, Eugene Barnard, Paul du Plessis en Kayla van der Merwe.

 

René Oosthuizen, onderwyser van Hoërskool Nylstroom, het vir die matrieks gewys wat balbeheer op ’n netbalbaan is. Die Nylie-onnies het die matrieks behoorlik laat bontstaan in die onlangse wedstryd tussen die skool se Blyers en Glyers. Foto: Herman Steyn

 

Kan­sa se Shades of Pink pret­stap- en hardloop vind eers­daags weer plaas. Stap­pers kan kies of hul­le aan die 5 km-, 10 km-, of 20 km-af­sta­n­de wil deel­neem en kan hul gun­ste­ling­ska­ke­ring pienk dra om Kan­sa te on­der­steun. Son­room, son­hoe­de en arm­be­sker­mers met ’n SPF 50 sal op die dag teen be­kos­tig­ba­re pry­se te koop aan­­g­ebied word. Lek­ker pry­se is ook op die spel. Die pret­stap vind op Sater­dag 31 Augus­tus om 06:30 vir 07:00 op die ou Krans­kop­pad plaas. Die toe­gangs­geld is eni­ge do­na­sie vir Kan­sa. Vir meer in­lig­ting, bel vir An­sie van Heer­den by tel. 076 409 4444. Dié foto is by verlede jaar se byeenkoms geneem.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button