Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Manda Myburgh (64) van Bela-Bela het op Dinsdag 20 Augustus haar stryd teen kanker verloor. Sy is by haar woning in die Zwartkloof-natuurreservaat buite die dorp oorlede. Myburgh was van 2010 tot 2015 die eienaar van Linda’s Materiale in Bela-Bela. Haar familie sal haar onthou as ’n vriendelike, positiewe en innemende mens met sterk wilskrag. Sy het graag uitgereik na mense wat in nood verkeer het. Haar begrafnis vind om 11:00 op Maandag 26 Augustus vanuit die NG Moedergemeente in die dorp plaas. Sy laat haar man, seun, dogter en ’n kleindogter agter.

 

Die Warmbad-rolbalklub het die afgelope week hul Aalwyntoernooi afgehandel. ’n Kringrol is tydens die kompetisie gehou en R1 000 is daarmee vir Die Pos se kinderfonds ingesamel. Op die foto is ds. Herklaas Viljoen en Jan Coetzee van die rolbalklub saam met Bea Emslie, bestuurder van Die Pos tydens die oorhandiging.

 

Sarel Langeveldt, ’n jarelange inwoner van Modimolle, is op 85-jarige ouderdom oorlede. Langeveldt het 38 jaar in die omgewing gewoon. Hy was baie jare by beesboerdery buite Modimolle betrokke. Hy het ná sy aftrede vir 20 jaar in die dorp gewoon. Hy laat sy vrou, Marie, twee dogters, Lorraine van Deventer en Ruth Howell, asook sewe kleinkinders, 15 agterkleinkinders en sewe agteragterkleinkinders na.

 

Alma was teen Dinsdagoggend 20 Augustus rustig, het die polisie bevestig. Gerugte het die ronde gedoen dat onluste weer kon opvlam nadat inwoners verlede week chaos veroorsaak het. Drie vroue is in hegtenis geneem nadat vier plase en raadslid Grace Mashitishu se huis aan die brand gesteek is tydens die openbare geweld. Die drie verdagtes, Matlala Kailina Lechelele (38), Mmetja Lisbeth Makua (23) en Johanna Dreca Moloantoa (24), het reeds in die hof in Modimolle verskyn en is op waarskuwing vrygelaat. Hulle verskyn weer op Donderdag 5 September in die hof. Duisende hektaar landbougrond, asook ’n munisipale gebou het afgebrand. Foto: Verskaf

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button