Local newsNews

Vlamme verswelg ambulans

’n Ambulansbestuurder en sy assistent het verlede week groot geskrik toe hul ambulans aan die brand geslaan het terwyl hulle op pad terug na die diensstasie toe was.

Volgens bronne was die staatsambulans op pad terug vanaf Vaalwater na Modimolle toe dit naby die Weesgerus-vakansieoord krag verloor het. Die bestuurder het glo van die pad getrek en hy en sy assistent kon ongedeerd uit die voertuig kom voordat die vlamme dit verswelg het. Hulle was gelukkig die enigste insittendes. ’n Ooggetuie het glo vlamme onder die voertuig gesien voordat dit tot stilstand gekom het.

Andy Gill van APA-ambulansdienste het gesê dat hulle onmiddellik gereageer het om mede-ambulanspersoneel te hulp te snel. “Toe ons daar aankom, was die twee mense reeds veilig uit die voertuig, maar ons kon niks doen om die brandende ambulans te red nie.”

Die waarde van ’n volledig toegeruste ambulans is volgens hom ongeveer R1 miljoen.

’n Woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid kon nie teen druktyd bereik word nie.

Related Articles

Back to top button