Local sportSport

Jagters in die kol

Die Bos­veld-jag­ters­ver­e­ni­ging (BJV) het op Vry­dag 9 Au­gus­tus ’n skiet­dag vir vroue by die skiet­baan bui­te Be­la-Be­la aan­ge­bied om nasionale Vrouedag te vier.

Die 32 vrou­e en meisies wat deelgeneem het, kon met hael­ge­we­re, jag­ge­we­re en hand­wa­pens na teikens skiet.

Mar­thi­nette Ver­maak se konsentrasie is vir ’n oomblik verbreek tydens die kompetisie. Sy het breed geglim­lag vir Die Pos se fotograaf en gesê sy is beter bekend agter ’n klavier as ’n geweer.

 

Ja­né Cil­liers (mid­del) was die al­ge­he­le wen­ner van die Vrouedag-skiet­kom­pe­ti­sie. Op die fo­to is Fran­cois Ma­rais van die BJV en regs is AO Pierre Pre­to­rius wat die skuts gemoniteer het.

 

Die bes­te ju­nior skut was Ju­lie Ma­rais (7). Saam met haar op die fo­to is Ja­pie Cil­liers van die BJV ty­dens die prys­uit­de­ling.

 

Die deel­ne­mers wat toe­ken­nings be­haal het, was Ja­né Cil­liers, I­da Mos­tert, Tha­rine Ma­rais, Ida Brits, Cis­ka van der Mer­we, Li­sa Eng­el­brecht en Ju­lie Ma­rais.

Die BJV beoog om hierdie ’n jaar­lik­se in­stel­ling te maak.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button