GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

’n Groot gholf­dag is op Donder­dag 1 Augustus by die Koro Creek-gholf­baan buite Modi­molle gehou en het gesorg vir uithaler­gholf. Dr. Karel Toet, veearts van Modi­molle, spook hier om die gholf­balletjie vanuit die sand­kuil op die setperk te sink. Foto: Herman Steyn

 

Die hip-hop-groep van die LPD Studio of Dance in Modimolle en Bela-Bela is deur na die finaal van die Dans in Jou Taal-kompetisie vir skole wat op Vrydag 30 Augustus gehou word. Dit word op kykNET uitgesaai. Die dansers is Elizabeth Smit, Mikayla Smith, Karla Smith, Anele Jansen van Vuuren, Christelee van der Westhuizen, Jayd Humphreys, Tiana Jacobs, Madia van Jaarsveld, Minette van Jaarsveld, Liliana Concalves en Carli-Louise Jacobs.

 

Die Lappop-modernedansgroep van die LPD Studio of Dance in Modimolle en Bela-Bela het die gehoor in trane gehad tydens hul Dans in Jou Taal-opvoering op Saterdag 3 Augustus. In die voorste ry is die lappop Renette van der Merwe en drie moderne poppies Sonika Kruger, Carla Erasmus en Lienke Jansen van Nieuwenhuizen. Agter is Mikayla Smiht, Miane Deetlefs, Qi’Hara-Lee Kotze, Kaylin Groenewald, Skyelar Ruthven, Charne van der Colff en Rensche Swanepoel.

 

Die finale uitspeelwedstryde van die VirsekerBeker-toernooi het op Saterdag 10 Augustus op die veld van Hoërskool Hans Moore in Benoni plaasgevind. Hoërskool Warm-bad se o. 14-span het teen Hoërskool Carel de Wet uitgedraf en as naaswenners uitgetree met ’n telling van 12-10. Die blitsige kaptein, Christiaan Jooste, is hier op pad doellyn toe. Foto: Herman Steyn

 

Hierdie tuimelgimnaste van die Warmbad-gimnastiek- en tuimelklub het aan die Wildflames-kompetisie en die Gauteng-distrikkompetisies deelgeneem en medaljes verower. Voor is Silara van der Merwe (goud by Gauteng) en agter staan Amoné van Niekerk (silwer by Wildflames en silwer by Gauteng), Megan  Holtzhausen (brons by Wildflames en goud by Gauteng) en Albert Groothof (goud by Wildflames en goud by Gauteng). Reinhard van Niekerk (silwer by Wildflames en Gauteng) was afwesig met die neem van die foto.

 

Hierdie atlete van die Euphorbiaskool in Mookgophong is ingesluit in die Limpopo-landloopspan wat op Saterdag 7 September aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Pretoria gaan deelneem. Hulle is Nikla Jansen van Vuuren, Wihann Schalekamp, Elbie Jansen van Vuuren (afrigter), Charné Coetzee en Lize Jansen van Vuuren.

 

Hierdie twee leerders van Euphorbiaskool in Mookgophong het aan die Bosveld- musiekfees in Mokopane deelgeneem. Wynand Schalekamp en Mia Botha deel die wisseltrofee vir junior wenners in die instrumentale afdeling. Wynand het ook die trofee vir junior jazzmusikant (klavier) ontvang.

 

Die Euphorbiaskool in Mookgophong se slagorkes het hul baie goed van hul taak gekwyt tydens die Eugène N. Marais-kultuurfees. Hulle is met ’n A++ toekenning bekroon. Die orkes staan onder leiding van Christa Stols en Rencia Kruger.

 

Hierdie drie gimnaste van die Warmbad-gimnasiek- en tuimelklub het op Saterdag 3 Augustus aan die Alberton Twisters Aerialnastix-kompetisie deelgeneem en baie goed gevaar. Hulle is Mia Strydom (eerste in trampolien, tweede in bankie en derde in tuimel), Silara van der Merwe (vyfde plek in tuimel) en Mckayla Vermaak (tweede plekke in tuimel en bankie ).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button