Home/Galleries/Community galleries/Geite en giere… Community galleriesGalleries Geite en giere… Wat gebeur in en om die Waterberg? August 16, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die Dameskring in Modimolle het ter viering van Vrouemaand handsakke aan vroue wat geen vaste inkomste het nie, uitgedeel. In die handsakke was alles wat ’n vrou kan nodig kry vir persoonlike versorging. Die oorblywende handsakke is aan die Abraham Kriel-kinderhuis geskenk ter ondersteuning van hulle Hoopgee-handsakprojek. Op die foto is Anna-Marie Burger van die Dameskring, Gerda van der Merwe, hoof van die kinderhuis, en Alita Rose, voorsitter van die Dameskring in Modimolle. Dina Joubert van Bela-Bela het op Vrydag 9 Augustus (Vrouedag) haar 88ste verjaardag gevier. Joubert is ’n bekende en geliefde inwoner. Sy was vir baie jare matrone by die Warmbad-hospitaal en wy haar sedert haar aftrede aan gemeenskapsdiens en die versorging van minderbevoorregtes. Sy dien reeds 30 jaar as diaken by die NG Warmbad Wes-gemeente en speel ’n sleutelrol in die gemeente. Op die foto is Joubert (voor links) saam met haar vriendinne tydens die verjaardagvieringe. Siesa! ’n Ontstelde inwoner het vroeg Maandagoggend 12 Augustus op dié gebruikte kondoom by die posbusse in Modimolle afgekom. Daar is teen die posbusse geürineer. Die Pos het in Junie berig dat inwoners kla omdat die posbusse, wat oop is vir die publiek, snags deur sluipslapers as toilette gebruik word. Die poskantoor het gereageer dat hul personeel die posbusse elke oggend skoonmaak en dat hulle die polisie versoek het om gereelde patrollies te doen om sluipslapers te verjaag. Johan Kruger, woordvoerder van die Poskantoor, het gesê dat die tak bevestig het dat hulle vroegoggend skoonmaak sodra die personeel aan diens kom. “Maandagoggende is daar gewoonlik besonder baie vullis by die posbusse. Ons vra om verskoning. Ons kliënte sal ’n baie aangenamer ervaring hê as hulle ’n bietjie later in die oggend kom pos uithaal,” het hy gesê. Stompie Vermeulen en Wil-ma van der Merwe, lede van die Vaalwater-tak se Vroue Landbou-unie (VLU), het op Dinsdag 30 Julie ’n heerlike oggend by die tak se maandvergadering deurgebring waar hulle geleer het om Persiese appliekwerk te doen. Die vroue is bederf met ’n watertandhoenderslaai wat deur Marie Buys op ’n keuriggedekte tafel voorgesit is. Die volgende vergadering is op Dinsdag 27 Augustus by die Gereformeerde Kerk Vaalwater. Carina en Reuben Aldum is op Saterdag 4 Mei getroud. Reuben is die seun van Reuben snr. en Martjie Aldum van Bela-Bela. Carina se ouers, Ettiene en Maré Snyman, woon in Vereeniging. Reuben is ’n oud-Warrie en Carina het in Vereeniging grootgeword. Die egpaar woon en werk tans in Centurion in die finansieringsbedryf. Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) het op Vrydag 9 Augustus ’n glansryke oggend vir inwoners van Bela-Bela aangebied. Die geleentheid het as fondsinsameling vir Huis Talje gedien. Die vroue is getrakteer op die fluweelstem van Chris Coetzer en Sybil du Plessis het as gasspreker opgetree. Op die foto is Albie Pretorius, Rika Kruger, Rose Baloyi, Elsie Pretorius, Stefanie Henning, Susan de Klerk, Hester du Toit, Alta Nieuwoudt (maatskaplike werker by Huis Talje), Chris Coetzer (gaskunstenaar) en Sybil du Plessis (gasspreker). You can read the full story on our App. Download it here. August 16, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print