LifestyleRecipes

Probeer gerus dié diabeetvriendelike fynproewerstafie

Hettie Fürstenburg, pensioentrekker van Vaalwater, is bekend vir haar gebak.

Sy het jare lank haar fynproewergebak aan ’n tuisnywerheid in Vaalwater gelewer. Haar vleispasteitjies het soos soetkoek verkoop. Sy deel hier ’n resep vir ’n brosstafie wat sy deesdae vir eie gebruik maak en sorg dat daar altyd ’n voorraad in die huis is, want behalwe dat dié stafie baie lekker is, is dit handig om te hê vir gaste wat diabete is.

Bestanddele:

  • 3 koppies koekmeel
  • ¾ koppie hawermout
  • Ongeveer een koppie water
  • Sout
  • Hoogvol teelepel mosterdpoeier (Dit bring die smaak van die kaas uit)
  • 1 koppie gerasperde kaas

Metode:

  1. Meng alles liggies saam.
  2. Rol dit dun uit in rolkoekpanne.
  3. Sny blokkies of stafies met pizza- of deegsnyer.
  4. Bak by 180 °C vir 10 tot 15 minute tot ligbruin bo.
  5. Laat afkoel en bêre in lugdigte houer.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button