Die naam van die reservaat waar die voorval plaasgevind het, word om veiligheidsredes weerhou.
Volgens sers. Frans Maponya, Bela-Bela-polisiewoordvoerder, is ’n saak van onwettige stroping op Dinsdag 16 Julie geopen nadat die twee renosterbulle op die reservaat doodgeskiet en hul horings afgesaag is.
Die bestuur van die reservaat is om kommentaar genader, maar het aan Die Pos gesê die ondersoek is sensitief van aard.
Sover verneem word, is die oorblywende renosters na ’n veiliger omgewing verskuif.
Die ondersoek na die voorval duur voort.