CrimeNews

In­bre­kers weg met vuur­wa­pens

Die Be­la-Be­la-po­li­sie is be­kom­merd oor die toename van ver­dag­tes wat op vry­e voet is met gesteelde vuur­wa­pens in hul be­sit.

Volgens die polisie het inbrekers die naweek van 20-21 Ju­lie by ’n huis in die Hide Away Estate naby Buyskop op die Eers­be­woond-pad buite Bela-Bela in­ge­breek. Die eie­naar was nie tuis nie.

Vol­gens sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, het die die­we die huis se vei­lig­heids­tra­lies oop­gedwing en só toegang tot die woning verkry.

Die diewe het ’n wa­pen­kluis oop­ge­saag en ’n hand­wa­pen en jag­ge­weer ge­buit.

Hulle het ook ju­we­le, kon­tant en ’n versameling mes­se gesteel.

Die to­ta­le waar­de van die ge­steelde items word op R52 000 ge­raam.

Die Pos kon teen druktyd nog nie die Hide Away-bestuur om kommentaar bereik nie.

’n Saak van huis­braak is by die po­li­sie ge­o­pen en die saak word ver­der on­der­soek, het Ma­pon­ya ge­sê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button