LettersOpinion

TLU SA vra ingryping in moorde

Ramaphosa het gesê dat hy plaas­moorde reeds in die verlede veroor­deel het en sal voort­gaan om dit te veroor­deel.

Bennie van Zyl, hoof­bestuur­der: Trans­vaalse Landbou-unie SA (TLU SA), skryf:

TLU SA het met waar­de­ring kennis geneem van pres. Cyril Rama­phosa se veroorde­ling van plaas­moorde tydens sy repliek op die presi­densie se begro­tings­debat in die parle­ment, maar dring steeds daar­op aan dat hy hom ampte­lik vir ’n staking van die aan­valle beywer.

Die veroorde­ling het gekom nadat die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groene­wald, hom weer gevra het waar­om hy plaas­moorde nie ampt­e­lik veroor­deel nie. TLU SA het ook al tydens verskeie geleent­hede gevra dat die presi­dent ’n ampte­like verkla­ring oor plaas­moorde moet uitreik.

Ramaphosa het gesê dat hy plaas­moorde reeds in die verlede veroor­deel het en sal voort­gaan om dit te veroor­deel. Hy het verder — in Afri­kaans — gesê dat elke lewe in die land gelyke waarde het en dat elke moord en gewelds­misdaad sonder onder­skeid veroor­deel moet word.

Ons is bly dat die stilte oor plaas­aanvalle uitein­delik verbreek is, maar ons sal graag ook wil hoor dat hy ’n oproep maak dat dit gestaak moet word. Volgens TLU SA se voorvalle­register het die plaas­moord­syfer begin Julie op 30 vir die jaar gestaan en plaas­aanvalle op 217.

Related Articles

Back to top button