Local newsNews

Dié kunstenaar is op pad Engeland toe

JJ Clark,’n kunste­naar van Mook­go­phong, is genooi om sy werk in Novem­ber by The UK Contem­porary Art Fair in Wind­sor, Enge­land, uit te stal.

Clark het besluit om nou ook vir die eerste keer ’n uitstal­ling in sy tuisdorp, Mook­go­phong, te hou. Die uitstal­ling, in same­wer­king met nog ’n plaas­like kunste­naar, Corietha Müller, sal op Sater­dag 3 Augustus, by Naboom Village Lodge gehou word.

’n Skildery ter waarde van R5 000 sal tydens dié uit­stal­ling uitgeloot word om geld in te samel vir sy reis na Enge­land.

Dié skildery word tydens ’n uitstal­ling in Mook­gophong uitgeloot.

 

Clark stal gereeld by die Klein Karoo Nasio­nale Kunste­fees, Pieter­maritz­burg Art in the Park, Innibos-fees, Decorex, Spring Festival (Magoe­bas­kloof) en Aard­klop uit. Sy werke is ook te sien by The Show­room Art Galery (Pre­toria), Robert Baden­horst Galery (Clarens), Dante Art Galery (Somer­set-Wes) en Robert­son Galery (Robertson).

Hy skilder die afgelope vyf jaar voltyds nadat hy die korpora­tiewe wêreld vaar­wel geroep en na ’n plaas buite Mook­go­phong ver­huis het.

Clark het ’n BSc-honneurs­graad in wis­kundige statis­tiek aan die Uni­ver­siteit van die Vry­staat verwerf en was vir 20 jaar in die rekenaar­bedryf. Hy het sy kuns­vak­man­skap deel­tyds aan Open Windows School of Art in Pretoria vol­tooi en ook ’n BA-graad in Beelden­de Kunste aan die Uni­versi­teit van Suid-Afrika (Unisa) ver­werf. Hy het sy eerste skilde­ry in 2014 by die Wind­pomp­fees in Mook­go­phong verkoop en sedert­dien is sy werke in aan­vraag.

Die inspirasie vir sy hui­dige tema, Nguni-beeste, spruit uit sy daag­likse werk met dié bees­ras. Volgens Clark wil hy Nguni-beeste met siel, waardig­heid en respek uit­beeld. “Ek wil hê hulle moet as meer as net kommer­siële kommo­diteite raak­gesien word. Ek doen daarom portret­studies van die beeste, soort­gelyk aan hoe adel­likes vanme­lewe op doek deur die ou meesters vasge­vang is. Ek vind organiese vorme, teksture, kleure en patrone in die natuur, asook die effek wat lig, ska­duwee en reflek­sies bied, baie inspi­rerend,” het hy aan Die Pos gesê.

Clark hou van die donker, atmos­feriese werk van Rem­brandt van Rijn en Michelangelo da Caravaggio, die vasvang van lig in Johannes Vermeer se werk en die subtiele delikate aanwending van medium in James Whistler se werk.

Sy planne vir die res van die jaar, voor­dat hy na Enge­land vertrek, is om in Sep­tem­ber by Karoo Kafee in Pre­toria saam met The Secret Art Society ’n uitstal­ling te hou en in Okto­ber is hy genooi om saam met agt ander kunste­naars by Aard­klop aan ’n pri­vaat uitstal­ling deel te neem.

Dit is vir hom belang­rik om elke dag voluit aan te pak en nooit op te hou leer nie.

“Respek­teer ander mense en wees altyd beleefd. Ek hou van mense met hierdie uitgangs­punt en wat met ’n po­sitiewe, dog objek­tiewe uitkyk, die lewe aan­pak,” het hy gesê.

Kontak hom by jayjayclark@gmail.com of volg sy Face­book-blad by www.facebook.com/JJClarkArt(.)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button