Community galleriesGalleries

Mandeladag-vieringe in die Waterberg

Verskeie ondernemings en skole regoor die Waterbergstreek het die afgelope week aan die gemeenskap teruggegee op Mandeladag, 18 Julie.

Personeellede van ’n teëlwinkel in Modimolle het op Mandela-dag moue opgerol en tyd afgestaan om die ABC Creche se grensmure te verf sodat die kleuterskool mooi lyk. Die skool sien na 108 kleuters om. Op die foto is Thabo Sithole, Jacques Bezuidenhout, Raymond Tladi en Winnie Sambo.

 

Die span van ’n bekende bank in Modimolle het van hul tyd en energie gegee om die Abraham Kriel-
kinderhuis te help. Hulle het vensters ge olie en gewas. Op die foto is Sam Khotla, Johannes Nchabeleng, Jan van Staden, Pleasure Rakabe en Calvin Kutama.

 

Die Soaring Eagles-kleuterskool in Bela-Bela het op Donderdag 18 Julie die goeie werk van Madiba voortgesit toe hulle heerlike varsgebakte kolwyntjies aan die personeel van die Podi-kliniek geneem het om dankie te sê vir hul harde en onbaatsugtige werk. Op die foto is van dié leerders by van die dankbare personeellede van die hospitaal.

 

Pinky Kekana, adjunkminister van kommunikasie, het die Warmbad-hospitaal op Donderdag 18 Julie as deel van die nasionale Mandela-dagvieringe besoek. Kekana, ’n boorling van Bela-Bela, het aan personeel en besoekers gesê sy onderneem om persoonlik betrokke te raak by die welstand en uitbreiding van dié hospitaal waar instandhouding broodnodig is. Komberse, televisies en speelgoed is aan die hospitaal geskenk. Op die foto is Zachariah Moeletsi (speaker van die Bela-Bela-munisipaliteit), Kekana, Morris Mataboge (burgemeester van die Waterberg distrik-munisipaliteit) en Jeremiah Ngobeni (Bela-Bela-burgemeester).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button