CrimeNews

Menslike kopbeen op wildsplaas buite Bela-Bela gevind

Die Be­la-Be­la-po­li­sie het ’n ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek ge­o­pen na­dat ’n menslike ske­del op Sa­ter­dag 13 Ju­lie in die Ma­ru­la­ni-wil­dplaas op die Al­ma-pad net buite Be­la-Be­la ge­vind is.

’n In­wo­ner wat deur die reservaat gestap het, het toevallig op die grusame vonds afgekom.

Vol­gens sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, is ’n ka­ke­been om­trent 5 m van­ die ske­del ge­vind, as­ook ’n ou gordel en ’n skoen.

Die been­de­re is op die wal van ’n stroom wat deur die plaas vloei, ge­vind.

Ge­rug­te dat ’n man in De­sem­ber 2018 in die om­ge­wing ver­mis ge­raak het, word on­der­soek, maar volgens die polisie is daar nie in dié tyd iemand as vermis by die polisie aangemeld nie, het Ma­pon­ya gesê.

Volgens die polisie is die oorsaak van die persoon se dood onbekend, maar sal forensiese toetse gedoen word. Maponya het gesê die plaas het ’n veiligheidsheining en streng toegangsbeheer word by die hek toegepas.

Die on­der­soek duur voort.

Related Articles

Back to top button