LettersOpinion

Dit was voorwaar knap gedaan!

Dit was voor­waar ’n geleent­heid waarna baie mense uitge­sien het.

Coen Weilbach, Ran­kins­pas, skryf:

’n Hartlike woord van dank aan Richard en Mariëtte Nichol­son en hul span vir die wonder­like werk wat hul die afge­lope tien jaar gedoen het om die Tail­dragger Fly In te reël.

Dit was voor­waar ’n geleent­heid waarna baie mense uitge­sien het. Nie alleen was die vlieg­tuie ’n groot trek­pleister nie, maar die kos en verver­sings wat te koop aange­bied is, was puik en boonop baie bekos­tig­baar.

Dit is regtig baie hart­seer dat die Tail­dragger Fly In nie in Modi­molle kan voort­gaan nie aange­sien dit jaar­liks ’n positiewe inspui­ting in ons dorp se eko­nomie was.

By so ’n heer­like gesins­geleent­heid was daar egter ook die nega­tiewe. Hoekom neem ons mekaar nie net in ag nie? Dit is so maklik om die tafel waar jy gesit en die heer­like verver­sings geniet het, op te ruim en skoon agter te laat. Daar was genoeg vullis­dromme naby.

Nogmaals dankie aan die organi­seerders vir ’n heer­like byeen­koms.

Related Articles

Back to top button