LettersOpinion

Dié netwerk reik die hand na moedertaalonderrig

Die AON is opge­wonde oor vennoot­skap­pe met verskeie skole in Die Pos se lesers­ge­bied.

Daan Pot­gieter, hoof- uit­voe­rende beampte, Afri­kaanse Onder­wys­net­werk (AON), skryf:

Die Afri­kaanse Onder­wysnet­werk (AON) — ’n inisia­tief wat uit die Trust vir Afri­kaanse Onder­wys se visie vir vol­hou­bare gehalte Afri­kaanse onder­wys gebore is — het reeds land­wyd venoot­skappe met verskeie skole aange­gaan.

Die AON is ook opge­wonde oor vennoot­skap­pe met verskeie skole in Die Pos se lesers­ge­bied en inwoners kan uit­sien na gereelde terug­voer oor die AON se inisia­tiewe in dié omge­wing.

Die AON is primêr in die lewe geroep om Afri­kaanse onder­wys te onder­steun en ’n grond­slag vir Afri­kaanse moeder­taal­onder­rig — van kleuter­skool tot ter­siêre vlak — te vestig. Dit is ’n oorkoepelende ­lig­gaam wat met be­staande organi­sasies soos Fedsas, die SAOU, die Skole-Onder­steu­ning­sentrum (SOS), die ATKV, die Stig­ting vir die Bemag­tiging deur Afrikaans (SBA), Woorde Open Wêrelde (WOW) en ter­siêre instel­lings soos Aka­demia en die Noord­wes-Uni­ver­siteit (NWU) hande vat en probeer om leem­tes te iden­tifi­seer, strate­giese dienste te voor­sien en vennoot­skappe te ves­tig wat gebruik kan word om die toekoms van Afri­kaanse onder­rig te ver­seker.

Die AON glo daar is in terme van die grond­wet ’n plek vir Afri­kaans in die open­bare skool­stel­sel. Daar is tans 978 enkel­me­dium laer­skole en 211 hoër­skole in die land. Hoewel daar nie ’n duide­like af­name in enkel­medium­skole oor die land is nie, is dit onge­lukkig wel die geval in dubbel­me­dium skole waar al hoe meer skole ver­engels.

Afrikaans is egter nog steeds uiters rele­vant in die onder­rig­milieu van Suid-Afrika. Lid­maat­skap is nie gekop­pel aan kleur, ras of et­nisi­teit nie, maar aan die liefde vir Afri­kaanse, moeder­taal­onder­rig en gehalte onder­wys. Alle skole — open­bare én onaf­hank­like skole — ter­siêre instan­sies, vol­wasse oplei­ding­sen­trums en uni­ver­siteite waar Afri­kaans as onder­rig­taal gebruik word, vorm deel van die AON se teiken­mark.

Een van die orga­nisasie se hoof­fokus­punte is tans die vesti­ging en verster­king van Afri­kaanse kleu­ter­skole.

Die AON streef ook daarna om Afri­kaanse open­bare skole te beskerm en hulp te ver­leen om voor­valle soos dié by Hoër­skool Over­vaal te onder­vang deur die beheer­rade en bestuur toe te rus om soort­ge­lyke situa­sies en voor­valle doel­tref­fend en tot voor­deel van die leerder en reg tot moeder­taal­onder­rig te bestuur.

Enige onder­wys­instel­ling wat tot Afri­kaans as onder­rig­taal ver­bind is, kan gratis lid van die AON word. Die passie vir die Afri­kaanse taal, moeder­taal­onder­rig en gehalte onder­wys is egter ’n voor­waarde.

Related Articles

Back to top button