CrimeNews

Polisie trek man van Nood­hulp vas oor dagga

’n Man van die Nood­hulp-hoewes bui­te Be­la-Be­la is in die moeilikheid na­dat die polisie hom glo betrap het met dag­ga met ’n straat­waar­de van R40 000.

Vol­gens sers. Frans Ma­pon­ya, B­ela-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, het be­amp­tes op Don­der­dag 4 Ju­lie na die Nood­hulp-hoewes ge­ry om die ver­dag­te, Alexander Ryan Rob­son (30), in heg­te­nis te neem.

Rob­son is aan­vank­lik ge­soek in verband met ’n aan­ran­ding­saak.

Die polisie het sy huis ty­dens sy in­heg­te­nis­name deur­soek en op ver­skil­len­de soor­te dag­ga, wat ver­pak was, af­ge­kom.

“Hoe­wel hy die po­li­sie pro­beer oor­tuig het dat hy dit vir per­soon­li­ke ge­bruik aan­ge­hou het, was die hoeveel­heid en die feit dat die dag­ga verpak was, verdag,” het Ma­pon­ya ge­sê.

Die grond­wet­hof het vroe­ër be­kend­ge­maak dat men­se dag­ga in die pri­vaatheid van hul­ wo­nings mag ge­bruik.

Hoe­wel die hof geen uit­spraak ge­le­wer het oor die hoe­veel­heid dag­ga wat men­se in hul be­sit mag hê nie, kan po­li­sie­be­amp­tes ingevolge dié uit­spraak self be­paal of iemand in ­heg­te­nis ge­neem moet word weens die besit en moontlike ver­sprei­ding van dwelms. Die hoeveelheid wat gevind word, dui in die meeste gevalle aan of dit vir privaat gebruik is of nie, het Maponya gesê.

Die par­le­ment moet nog wy­si­gings aan die wet bekragtig.

Rob­son het reeds in die Be­la-Be­la-land­dros­hof verskyn op twee aan­klag­te van aan­ran­ding en een klag­te vir die be­sit en ver­sprei­ding van dwelms.

Die hof­saak is uit­ge­stel na Vry­dag 12 Ju­lie. Hy is steeds in aan­hou­ding.

Related Articles

Back to top button