CrimeNews

Modimolle-man weer in hof oor ‘hondegevegte’

Die saak teen Ma­di­ba Hof­ney Ma­lu­le­ka (29), wat in April in heg­te­nis ge­neem is nadat die diere­be­sker­mings­ver­eni­ging (DBV) op 22 hon­de, drie skil­paaie en twee var­ke op sy erf beslag gelê het, is op Dins­dag 9 Ju­lie in die hof in Mo­di­mol­le weer uitgestel na ’n latere hofdatum.

Ma­lu­le­ka, wat uit is op borg­tog, staan te­reg op 12 aanklagte wat ver­band hou met hon­de­ge­­veg­te en wreed­heid teen­oor die­re, asook die on­wet­ti­ge be­sit van wild. Die saak teen Ma­lu­le­ka is uit­ge­stel om­dat daar nog uit­staan­de ver­slae is waar­voor die po­li­sie wag.

Vol­gens die DBV was die hon­de mees­tal pit­boe­lter­riërs, bul­ter­riërs en boer­boe­le en die om­stan­dig­he­de waar­in hulle ge­vind is, was haglik en baie on­ge­sond. ’n Woord­voer­der van die DBV het gesê die hon­de se won­de het dui­de­li­ke te­kens ge­toon dat hul­le in ge­veg­te ge­bruik is en dat daar met hul­le ge­jag is.

Vol­gens Wendy Willson van die DBV is al die die­re na hul geriewe in Jo­han­nes­burg ver­voer waar hul­le be­han­de­l is. “Van die die­re het er­ge be­se­rings ge­had en van hul­le moes on­ge­luk­kig van­kant ge­maak word. Die goeie nuus is dat baie van die hon­de ook in ’n re­ha­bi­li­ta­sie­pro­gram is en vier hon­de is reeds deur men­se aan­ge­neem wat won­der­li­ke hui­se aan hul­le bied.” Dié hon­de, sê sy, is vet en ge­luk­kig, maar het hui­se no­dig wat na hul spe­si­fie­ke be­hoef­tes kan om­sien om­dat hul­le mis­han­del is. “Hul­le is baie lief­de­vol­le hon­de,” het sy ge­sê.

Die twee var­ke, in­tus­sen her­doop na Ginger en Chai, het ook be­han­de­ling ont­vang en een word ook bin­ne­kort aan­ge­neem. Die drie skil­paaie, waar­van een ’n berg­skil­pad is en twee skar­nier­skil­paaie, is na die Jo­han­nes­burg­se Wild­le­we-hos­pi­taal vir be­han­de­ling en re­ha­bi­li­ta­sie geneem.

“Modi­mol­le kan trots wees op dié in­gry­ping. Die 22 hon­de, drie skil­paaie en twee var­ke is uit hag­li­ke om­stan­dig­he­de ver­wy­der omdat in­wo­ners die moed ge­had het om in te tree,” het Willson ge­sê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button