CrimeNews

Twee ver­dag­tes vas ná roof op Prins­loo-egpaar

Twee ver­dag­tes wat verbind word met die aanval op Hen­drik en Lin­da Prins­loo, as­ook Lin­da se ma, Sei­lie van der Lin­de, is die af­ge­lo­pe week in ­heg­te­nis ge­neem.

Die voorval het op Don­der­dag 20 Ju­nie in die Mc­Ken­zie-om­ge­wing bui­te Ra­dium gebeur.

Le­de van die Heritage Protection Group (HPG), asook die Be­la-Be­la-, Mo­ko­pa­ne- en Ma­hwe­le­reng-po­li­sie het ty­dens ’n ge­sa­ment­li­ke o­pe­ra­sie twee mans on­der­skei­de­lik in Mo­ko­pa­ne en in Ham­mans­kraal aan­ge­keer.

Die ver­dag­tes, Jus­tice Mu­dau (34) en Wil­liam Ba­pe­la (69), is met ge­steel­de i­tems wat aan die Prins­loos be­hoort, be­trap, het sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, ge­sê. Mu­dau is van Zim­bab­we.

Die i­tems wat te­rug­ge­kry is, sluit in ’n sel­foon, kle­re, par­fuum en huis­hou­de­li­ke i­tems.

Ma­pon­ya het voorts ge­sê na­dat ’n uit­ken­nings­pa­ra­de ge­hou is, het an­der huis­roofslag­of­fers in die­self­de omgewing na vore gekom. Mu­dau is toe met ander ver­wan­te mis­da­de ver­bind, het Ma­pon­ya ge­sê.

Die Prins­loos is die betrokke og­gend om 03:00 deur vyf ro­wers in hul slaap­ka­mers ver­ras. Die drie is vas­ge­bind en met twee handwapens en ’n AK47-aanvalsgeweer aangehou.

Die ro­wers het toe­gang tot die huis ver­kry deur ’n vens­ter oop te dwing en een van die verdagtes het vermoedelik daardeur ­ge­klim en die deu­re vir die an­der oop­ge­sluit. Die polisie het gesê een van die rowers was vermoedelik ’n vrou.

Die ro­wers het op die vlug ge­slaan met ver­skei­e ge­steel­de i­tems. ’n Hand­wa­pen van die Prinsloos is ook ge­steel.

Vol­gens Ma­pon­ya is geen hand­wa­pen tydens die on­lang­se in­heg­te­nis­na­me te­rug­ge­vind nie en die on­der­soek na die an­der ver­dag­tes duur voort.

Mu­dau en Ba­pe­la het op Maan­dag 8 Ju­lie in die hof verskyn op ’n klag van huis­roof.

Die saak is uit­ge­stel na Woens­dag 17 Ju­lie sodat hulle regs­hulp kan inwin.

Hul­le bly in aan­hou­ding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button