Local newsNews

Dié Vaaljapie brul nog dat die stof so staan

Vaal­japie-trekkers het diep spore in die grond én harte van talle boere ge­trap.

Jeremy Augustyn (44) van Vaal­water het aan Die Pos vertel hy het ’n oor­spronk­like Vaal­japie saam met die grond waarop Yiwarra Game Lodge is, gekoop toe hulle gesin verlede jaar uit George na Vaal­water ver­huis het.

Hulle het die plaas se naam verander na Water­bury Wilder­ness Retreat. Hulle boer uit­sluit­lik met wild en spesia­liseer in die teel van Zam­biese swart­wit­pense.

Augustyn sê die oor­spronk­like plaatjie op die Vaal­japie-trek­ker is onge­lukkig af en daarom is die presiese jaartal en model nie met die eerste blik sig­baar nie. Hy is egter tans besig met navor­sing om die trekker se her­koms te bepaal.

Augustyn het aan die Pos gesê hul voor­man, wat jare op die plaas werk en ook vir die vorige eienaar ge­werk het, het by navraag aan hom gesê sover hy weet, werk dié trekker nog goed en kort hy net ’n nuwe battery. Hy het ook vertel dat die koedoes op die plaas by geleent­heid die bedra­ding van die trek­ker afgekou het.

Volgens Augustyn het die werk­tuig­kundige wat daarna die trekker herstel en gediens het, gesê dat hy nog nie tevore ’n ou Vaal­japie teëge­kom het wat in so ’n goeie wer­kende toe­stand is nie.

Augustyn het verdui­delik dat die trekker se hidro­meganiese­ stelsel, die enjin en bedra­ding nage­gaan is en die trek­ker het ook nuwe bande en ’n harnas gekry.

Ons gebruik maar meestal ons nuwer model trekker vir die maak van paaie en ander harde werk op die plaas. “Dié ou model sal egter altyd ’n ere­plek hê. Die nostal­gie van die ou werk­tuie laat ’n mens met trots terug­dink aan die gehalte produkte van weleer,” het Augus­tyn gesê.

Related Articles

Back to top button