Local sportSport

Hoewe dreun tydens pensteekkompetisie

Die Limpopo-pensteek­kam­pioenskap (tent pegging) is die afge­lope week deur die Water­berg-pen­steek­klub op Piet Fourie se plaas buite Modi­molle aan­gebied.

Pensteek is ’n kaval­lerie-sport­soort van antieke oorsprong waar ruiters in bewe­ging grond­teikens moet raak­steek. Die sport­soort het vroeër as gym­khana bekend gestaan en is een van tien ruiter­kunste wat deur die Inter­nasio­nale Ruiter­kunsfederasie (International Equestrian Federation) erken word.

Herman Fourie van Modi­molle het vanjaar se junior afde­ling gewen. Hy deel ook die Victor Ludorum-trofee en is inge­sluit in die Limpopo-span wat in Desem­ber aan die Suid-Afri­kaanse kampioen­skap gaan deel­neem.

Fred Pis­torius en Lianka Fourie, ook van Modi­molle, het as span die afde­ling: Half­seksie Lans gewen. Lianka is ook op­geneem in die Lim­popo-span wat aan die Suid-Afrikaanse kampioen­skap gaan deelneem.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button