CrimeNews

Booswigte slaan op bekende Plaasmark toe

Ons is so moeg vir misdaad dat ’n mens partykeer nie eens dink dat jy moontlik verkeerd optree nie.

Drie gewapende rowers het op Woens­dag 26 Junie toe­geslaan op ’n sake­onder­neming in Mook­go­phong.

Volgens Louis Richards, eienaar van die Plaas­mark in Thabo Mbeki­straat, het ’n gewa­pende man omstreeks 18:30 die winkel binne­gekom en die twee kas­siere beveel om plat te lê. Richards was in sy kantoor en het gesien wat gebeur. Hy het dade­lik sy pa gebel en vertel wat besig is om te gebeur. Nog twee mans het inge­kom, die deure toe­gemaak en wapens op die perso­neel en die kliënte in die winkel gerig.

Volgens een van die kassiere het hulle aan­vank­lik gedink iemand skeer die gek met hulle, maar toe een van die mans sy wapen oorhaal, het hulle besef dat dit ’n roof­tog is.

Richards het aan Die Pos gesê die rowers het klap­musse gedra, maar dit later afge­haal. Volgens die personeel het een van die rowers gevra waar die eie­naar is, waarna die rower na die agter­kant van die winkel is en Richards in sy kantoor aan­getref het. Daar het hy ’n onbe­kende bedrag geld uit die kluis gevat.

Richards het toe egter reeds hulp ontbied. Die veilig­heids­wag wat by die kassiere gestaan het, het ook in­tussen her­haal­delik ’n nood­knoppie gedruk om hulp te ontbied.

“Die boos­wigte het toe geld uit die kas­registers gevat terwyl die kassiere plat bly lê het. Hulle het ook sel­fone en die motor­sleutels van een van die kliënte gevat. Daarna is hulle met dié motor, ’n Volkswagen Polo, weg,” het Richards gesê.

Die oomblik toe hulle uit die winkel is, het Richards hulle in sy eie motor agter­na­gesit. Een van die rowers wat te voet was, het verskeie skote op Richards en sy pa, wat in­tussen opge­daag het, geskiet. Volgens Richards het hy die rower in sy voer­tuig gevolg en daarin geslaag om hom ’n paar hon­derd meter van die winkel af met sy motor te stamp. Die rower het toe sy wapen laat val en gevlug. Verskeie 9 mm-patroon­dop­pies is op die toneel gevind.

Die kliënt se motor is by ’n voet­brug gelaat, waarna die rowers waarskyn­lik oor die voet­brug in die rig­ting van Sektor 1 gevlug het.

Richards en sy perso­neel was baie ontsteld en getrau­mati­seerd ná die gebeure.

Niemand is nog in ver­band met die voor­val aange­keer nie.

Richards het gesê hy het al voor­heen in Pre­toria ’n gewa­pende roof­tog beleef. “Dit gaan nie vir my oor die geld nie, maar oor die mense. Ons is so moeg vir mis­daad dat ’n mens party­keer nie eens dink dat jy moont­lik ver­keerd optree nie,” het hy gesê.

Richards het groot lof en dank­baar­heid vir die wyse waarop die publiek gerea­geer het en dadelik hulp ontbied het.

Related Articles

Back to top button