Lifestyle

Verslag bied insig oor pryse

Die Kinsey-verslag het die afge­lope bykans 30 jaar ’n betrou­bare en insig­ge­wende verslag geword wat ’n goeie aan­dui­ding gee van die onder­houds­koste van nuwe motors in Suid Afrika.

Van 2019 sal die verslag bekend staan as die AA Kinsey-ver­slag. Die jongste verslag het die afge­lope week verskyn.

Die verslag neem ’n mandjie onder­dele, saam­gestel uit nor­male diens, herstel en bak­werk­onder­dele en verkry die koste van so ’n mandjie onder­dele by hande­laars. Die pryse is nie nood­wen­dig dieselfde by alle hande­laars nie en is ook nie die pryse wat deur die be­trokke ver­vaar­diger voor­geskryf of aan­beveel word nie.

 

Motor­ryers wat onder­dele wil koop, moet liefs kwo­tasies by meer as een hande­laar in hul omge­wing verkry. Tog bied die ver­slag lekker syfers om te ver­gelyk en kan ’n rede­lik akku­rate voor­spelling gemaak word oor ’n spe­sifieke model se bekos­tig­baar­heid wanneer daardie model buite waar­borg en diens­plan versien of herstel moet word.

 

Die Nissan NP200 is tans die enigste ¾ ton bakkie wat nuut in ons mark beskik­baar is en daar­om verant­woorde­lik vir ’n gesonde deel van enkel­kajuit­ver­kope in Suid-Afrika.

Hierdie gewilde bakkie se mandjie was nie net die goed­koopste onder die bakkies nie, maar ook alge­heel die goed­koopste van alle nuwe motors wat in Suid-Afrika beskik­baar is.

Die Datsun Go het ook besonder goed gevaar, terwyl die Hilux en Fortuner 2.8 baie mede­dingend is.

Die volledige ver­slag kan by www.kinseyreport.co.za besigtig word.

* Paul Smith is ’n motor­lief­heb­ber, gesins­man en eienaar van die Spur op Bela-Bela.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button