LettersOpinion

Renosters niks werd vir boere

Be­hal­we vir ’n ro­wer is ’n re­nos­ter tans vir ’n boer nie ’n en­ke­le sent werd nie.

Gawie Richter van Modimolle skryf:

Op Dins­dag 18 Ju­nie het erewild­be­waar­ders die pu­bliek op ’n nasionale televisiekanaal vir skenkings ge­vra om ge­rie­we vir die be­sker­ming van re­nos­ters aan te skaf. As tra­ne­trek­ker is ’n dooie re­nos­ter ver­toon.

Myns in­siens het die al­ge­mene pu­bliek nie die vaag­ste be­nul wat ag­ter die kap van die byl skuil nie! Want be­hal­we vir ’n ro­wer is ’n re­nos­ter tans vir ’n boer nie ’n en­ke­le sent werd nie. Nog min­der af­ge­saag­de ho­rings wat in ’n brand­kluis lê.

Ont­hou Cites (die kan­toor van han­del in be­dreig­de spe­sies) het die sê. Slegs die re­ge­ring is by mag­te om ’n ken­te­ring mee te bring, maar het dit die af­ge­lo­pe 25 jaar na­ge­laat. Die ge­volg is dat re­nos­ters in wild­tui­ne uit­wis­sing in die ge­sig staar en daar tans meer van hier­die die­re in pri­vaat be­sit is. Alle onkostes is vir renosterboere se eie sak.

Met sakke vol geld en so nou en dan ’n to­neel­op­voe­ring om sken­kers te be­ïn­druk, sal so­ge­naam­de be­wa­rings­ve­noot­skap­pe om re­nos­ters te be­skerm, al­le po­gings om wet­tig met re­nos­ter­pro­duk­te han­del te dryf, ver­on­ge­luk.

Boe­re staan nie bak­hand vir do­na­sies nie, maar slegs om re­nos­ter­pro­duk­te wettig van die hand te sit.

Steun dit!

Related Articles

Back to top button