LettersOpinion

Gesus na droomland

As die ker­sie op die spreek­woor­de­li­ke koek kon­dig die pre­si­dent die bou van ’n me­ga­stad en blits­trein aan. En dit ter­wyl die hui­di­ge spoor­stel­sel in duie stort.

Karel Nie­wen­huis, adjunk- provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus, skryf:

Feë­ver­hale sus die goed­ge­lo­wi­ges aan die slaap, gee voor dat die on­moontlike haal­baar is en ver­sterk die hoop vir ’n roos­kleu­ri­ge toe­koms. In­dien ’n staats­rede aan hier­die ver­eis­tes vol­doen, ver­war on­kun­di­ges feë­ver­hale met die rea­li­teit.

An­ders as op­los­sings vir pro­ble­me wat Suid-Afri­ka oor ‘n af­grond stuur, is die op­stel van hier­die pro­ble­me een­vou­dig. Op­los­sings vra vir buig­saam­heid, om eer­lik hand in eie boe­sem te steek, die neem van be­slui­te wat nie op ge­wild­heid ge­ba­seer is nie en des­kun­di­ges met be­grip vir die si­tua­sie in Suid-Afri­ka. In die staats­re­de deel pre­si­dent Cyril Rama­pho­sa pro­bleme in vyf doel­wit­te en se­we prio­ri­tei­te in. Hier­uit vloei wei­nig waar­van lands­bur­gers nie be­wus is nie en waar­van die pre­si­dent nie al­reeds mel­ding ge­maak het nie. Die doel­wit­te grens aan die be­lag­like aan­ge­sien dit die op­drag is van eni­ge re­ge­ring wat sy sout werd is.

Voor­beel­de is dat geen mens honger sal wees nie, die eko­no­mie moet groei om aan te pas by ’n groei­en­de be­vol­king, mil­joe­ne men­se moet werk en be­ter op­voe­ding kry. En mis­daad moet ge­hal­veer word. Elk­een van bo­staan­de word deur sta­ti­stiek ’n uit­klop­hou ge­gee. Om en­ke­les uit te son­der: die voor­spel­ling van eko­no­mie­se groei vir 2019 is van 1.7% na 1.5% af­ge­skaal; ein­de Maart was daar by­na 4 mil­joen werk­lo­se jong­mense. Dis sterk te be­twy­fel of die re­ge­ring oor die wil en mid­de­le be­skik om mis­daad te hal­veer. Om na die hal­vering van ’n he­mel­hoë mis­daad­sy­fer te ver­wys, is in el­k ge­val on­be­vre­di­gend.

As die ker­sie op die spreek­woor­de­li­ke koek kon­dig die pre­si­dent die bou van ’n me­ga­stad en blits­trein aan. En dit ter­wyl die hui­di­ge spoor­stel­sel in duie stort en mil­joe­ne op wag­lys­te vir ba­sie­se be­hui­sing is. Sal die op­gra­de­ring en in­te­gre­ring van die hui­di­ge stel­sels en ste­de nie wens­li­ker wees nie?

Wat in die staats­re­de nie ge­noem word nie, skree ge­wis die hard­ste: se­ker­heid van eien­doms­reg. Steeds tas be­leg­gers en ver­al die land­bou­sek­tor in die duis­ter rond. Troos­pry­se en vaag­he­de sit nie kos op die ta­fel nie, hou nie die ligte aan nie en leer nie­mand lees en skryf nie. Die werklikheid het ’n ma­nier om kor­te met­te met feë­ver­ha­le te maak. Gaan die rege­ring dit ag­ter­kom wan­neer dit te laat is? Of is die pre­si­dent bloot nie daar­toe in staat om iets meer sub­stan­sieel na die ta­fel te bring nie?

Related Articles

Back to top button