Local newsNews

Kansa-funksie ’n groot bederf

Die jaar­likse Cuppa vir Kan­sa was van­jaar weer ’n fên­sie af­fêre en die gaste was ewe deftig volgens die tema “Denim and Diamonds” aagetrek.

Die funk­sie, wat by Tha­ba Manzi buite Bela-Bela plaas­ge­vind het, was glans­ryk en die gas­vroue het hul beste “Royal Albert”-tee­stel­le uit­ge­haal vir die geleentheid. Die ta­fels is ook vol­gens die te­ma ge­dek.

So­wat 380 gas­te het die ge­leent­heid by­ge­woon en aan die spre­ker Amo­re Bek­ker, die be­ken­de RSG-om­roe­per, se lip­pe ge­hang. Ma­rena Labu­schagne en El­mien Gro­bler het die gas­te met ’n duet-sang­op­tre­de ver­maak.

Ma­­re­na Labu­schagne en El­mien Gro­bler het tydens die Cuppa vir Kansa-funskie die gas­te met ’n duet-sang­op­tre­de ver­maak.

 

An­sie van Heer­den, Kan­sa se ge­meen­skaps­or­ga­ni­seer­der, sê die or­ga­ni­sa­sie be­dank elk­een van die bor­ge, gas­te en gas­vroue wat gehelp het om die funk­sie ’n reu­se­suk­ses te maak. ’n Be­drag van R47 000 is vir Kansa in­ge­sa­mel.

“Ek is trots daar­op om deel te wees van ’n Water­berg-ge­meen­skap wat, waar nodig, om­gee en on­der­steun. Die ge­meen­skap se har­te is oop vir Kan­sa en men­se sien die gro­ter pren­tjie van waar­om daar fonds­insa­melings­pro­jek­te ge­hou moet word om die no­di­ge diens­ aan die ge­meen­skap te le­wer,” het Van Heer­den ge­sê.

Sy het in­wo­ners uit­ge­nooi om Kan­sa se kan­toor by Fried­berg­weg 38 in Mo­di­mol­le te be­soek.

Related Articles

Back to top button