Local newsNews

Stap saam en red só die renoster

Mense wat wil help om die voort­be­staan van re­nos­ters in Suid-Af­ri­ka te verseker, kan in Julie aan ’n optog in Be­la-Be­la deel­neem.

Hei­no van Graan, ’n leer­der aan Hoër­skool Warm­bad, sê hy het le­de van die Save the Waterberg Rhino-or­ga­ni­sa­sie ont­moet om be­wusmaking van dié spesie se voortbestaan te bespreek.

“Renosters word daagliks ge­stroop en as mense nie daadwerklik optree nie, kan hierdie diere binne 10 jaar uit­ge­wis wees,” het Hei­no ge­sê.

Die optog word voor­lo­pi­g vir Sa­ter­dag 6 Ju­lie beplan in Chris Ha­ni-, Min­naar- en Grob­ler­straat, het Hei­no ge­sê.

Die groep sal aan die einde van die optog byeen­kom en in­lig­ting oor re­nos­ters deel.

Hei­no nooi almal om op dié dag deel van die ver­rig­ting­e te wees.

Vir na­vrae kan men­se hom bel of ’n WhatsApp-boodskap stuur na tel. 063 474 4245.

Related Articles

Back to top button