Local sportSport

Rug­by­klub ryg pun­te in

“Die tel­ling was mooi, maar hul­le was nie werklik opgewasse en sterk genoeg vir ons span nie.”

Nyl­stroom-rug­by­klub het toe­skou­ers tydens ’n weg­wed­stryd verras toe hul­le ’n reusetel­ling teen die A­man­del­bult-rug­by­klub aangeteken het.

Nyl­stroom se manne het op Vry­dag 21 Ju­nie met die blaas van die eindfluitjie reeds 88 punte aangeteken en die span van Amandelbult kon nie deur die verdediging kom om enige punte op die bord te sit nie.

“Daar­die tel­ling was mooi, maar hul­le was nie werklik opgewasse en sterk genoeg vir ons span nie,” het Jan­nie Ven­ter, Nyl­stroom-klub­pre­si­dent en af­rig­ter, ge­sê.

Die Nyl­stroom-spe­lers wat hul uitstekend van hul taak gekwyt het was Zan­dré Crou­kamp, in die voorry, en die ag­ter­lyn­spe­ler Tiaan Best­bier. Venter sê egter dat dit ’n spanpoging was.

Dié telling het die Nylstroom-span se kanse verbeter om in die se­mifina­le ron­de te speel en moontlik tot die fi­naal van die Wa­ter­berg-rug­byli­ga deur te dring.

Die Nylstroom-spelers moet nog op Vrydag 28 Junie hul staal wys teen die Rhino-klub van Northam en daarna sal die spanne vir die semifinaal bekend gemaak word, het Venter gesê.

Dié wed­stryd vind om 20:00 op Hoër­skool Nyl­stroom se vel­d plaas.

Die manne van die Kwag­ga-rug­by­klub in Be­la-Be­la het egter nie hierdie seisoen al hul kanse gebruik nie en hul het reeds die stewels vir hierdie seisoen opgehang.

Chris Goo­sen, af­rig­ter van die Kwaggas, het ge­sê: “Ons het baie goed ge­doen on­der om­stan­dig­he­de. Ja, ons sien uit om aanstaande jaar ’n ver­skil te maak en wil dan­kie sê vir al­mal wat be­trok­ke was en ons on­der­steun het.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button