Community galleriesGalleries

FOTOGRAFIE: In fokus

Die wêreld vasgevang deur ’n kameralens.

Hennie Louw se foto “Dorstige jakkals” is aangewys as kategorie- en maandwenner tydens die Bosveld-fotografieklub se Mei-byeenkoms. Hy het ook ’n merietesertifikaat ontvang. Die foto’s is deur Kobus Pienaar beoordeel. Vir meer inligting, bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006.

 

Jan Pelser se foto “Groot oog” het tydens die Warmbad-fotografieklub se Junie- maand-vergadering ’n merietetoekenning in die driesterafdeling gewen. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Belangstellendes is baie welkom. Vir meer inligting kontak Gerda de Bruto by tel.082 563 4725.

 

Hennie Ludik se foto “Kosmaak” is tydens die Warmbad-fotografieklub se Junie-maandvergadering as temawenner aangewys — met dank aan Paul Smith van SPUR. Die Klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Belangstellendes is baie welkom. Vir meer inligting kontak Gerda de Bruto by tel.082 563 4725.

 

Michelle Rootman se foto “Op die uitkyk” het tydens die Warmbad-fotografieklub se Junie- maandvergadering ’n merietetoekenning in die driesterafdeling gewen. Die Klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Belangstellendes is baie welkom. Vir meer inligting kontak Gerda de Bruto by tel.082 563 4725.

 

Die foto “Staring Buffalo” het tydens die Bosveld-fotografieklub se Junie-maandvergadering ’n merietetoekenning in die wildlewe-afdeling ontvang. Dorette Nel was die fotograaf. Die klub kom een keer ’n maand in Modimolle bymekaar. Vir meer inligting bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com(.)

 

Henry Mudge se foto “Paint Bubble” was tydens die Bosveld-fotografieklub se Junie-vergadering die wenner in die ope/piktoriale kategorie. Dit is ook met ’n merietetoekenning beloon. Die klub kom een keer ’n maand in Modimolle bymekaar. Vir meer inligting, bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com(.)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button