CrimeNews

Brande moet booswigte stuit

Die Modimolle-polisie het op Maandag 10 Junie die lang gras om die dorpsdam afgebrand.

Die Modimolle-polisie het op Maandag 10 Junie die lang gras om die dorpsdam afgebrand.

Dié ruigbeboste gebied is bekend daarvoor dat dwelmsmouse en ander ongure karakters daar skuil. Voortvlugtendes kies ook telkens dié gebied omdat dit maklik is om daar tussen die bosse en riete te verdwyn. In ’n poging om die gebied veiliger te maak is die gras gebrand sodat dit nie skuilplek kan bied nie.

Die korrektiewe sentrum vir jeugmisdadigers is reg langsaan geleë en dwelmsmouse gooi na bewering van hul ware oor die draad na die inwoners toe. Dit word egter gekonfiskeer voordat dit die jeugdiges kan bereik.

Volgens AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, is die brand onder toesig van AO Pieter Booyse en ’n span van Working on Fire gedoen. Die diesel wat gebruik is om die gras aan die brand te steek, is geskenk.

Die gebied is besaai met vullis en Booyse het die hoop uitgespreek dat inwoners vrywillig sal help om die gebied op te ruim.

Related Articles

Back to top button