LettersOpinion

Lesufi nie goeie nuus vir onderwys

Die be­sluit van pre­mier David Mak­hura om Pan­yaza Le­sufi weer as LUR vir on­der­wys aan te stel, is ’n kata­stro­fie­­se skuif.

Karel Nie­wen­huis, adjunk- provinsiale leier, Vry­heids­front Plus (VF-Plus), skryf:

Twy­fel, ge­meng met hoop op ’n be­ter toe­koms, is voel­baar in die stil­te ná die ver­kie­sing­storm.

Met 57% steun en ’n kabi­net wat ho­pe­lik bank­vas agter die pre­si­dent staan, kan daar daad­werk­lik op­ge­tree word om die eko­no­mie­se ge­mors, ver­val van staats­in­stel­lings en struk­tu­re­le chaos uit die weg te ruim. Daar be­staan geen ver­sk­o­ning meer vir pres. Cyril Rama­phosa om oor­ver­sig­tig op te tree nie. Die pre­si­dent het im­mers ge­kry wat hy wou ge­had het — ’n lo­ja­le ka­bi­net deur hom aan­ge­stel en om as oor­win­naar uit ’n ver­kie­sing te stap.

Son­der die wys­heid van kun­di­ge, er­vare en eer­ba­re par­le­ments­le­de kan hier­die wa nie deur die drif ge­trek word nie. Deur die aan­stel­ling van Da­vid Ma­bu­za as ad­junk­pre­si­dent, is daar ­reeds af­breuk aan hier­die ideaal ge­doen. Ti­to Mbo­weni as mi­nis­ter van fi­nan­sies en Pra­vin Gord­han van open­bare on­der­ne­mings, sal ho­pe­lik po­si­tie­we sei­ne na be­leg­gers en gra­de­rings­agent­skap­pe uit­stuur.

Die be­sluit van pre­mier David Mak­hura om Pan­yaza Le­sufi weer as LUR vir on­der­wys aan te stel, is ’n kata­stro­fie­­se skuif. Nie net vir Gau­teng nie. Lesu­fi stel ’n swak voor­beeld vir al die an­der pro­vin­sies. Die aan­stel­ling dien as be­wys van ’n re­ge­ring wat nie op hoog­te van sy eie be­leid­stand­pun­te is nie, suk­kel met in­ter­ne fak­sie­ge­veg­te en ’n ge­brek aan kun­di­ge men­se in eie ge­le­dere.

Deur hier­die aan­stel­ling het die re­ge­ring min­der­heids­reg­te en om Afri­kaans ’n reg­ma­tige plek in die son te gee, ge­min­ag. Le­sufi is open­lik om­trent sy doel­wit om Afri­kaan­se sko­le te ver­nietig deur hul­le na Engels te trans­for­meer. Daar be­staan geen twy­fel dat hy doel­ge­rig hier­mee sal voort­gaan nie. Lesufi was as LUR ’n mis­luk­king. Hy het nie vol­doen­de sko­le ge­bou nie en die Drie­hoek-tra­ge­die dien as be­wys dat hy nie vir die onder­houd van sko­le se infra­struk­tuur om­gee nie.

Die VF-Plus sal amp­tena­re soos Le­su­fi met me­ning teen­staan. Aan­slui­tend hier­by sal die par­ty hul­le ver­ge­wis daarvan dat die ower­he­de nie-dis­kri­mi­nerend op­tree en aan­dring op die be­sker­ming van moe­der­taal­onder­rig soos deur die grond­wet ge­waar­borg.

Dit is nou die tyd om die pre­si­dent en mi­nis­ters ver­ant­woor­delik te hou vir be­lof­tes wat ge­maak is en om die grond­wet te eer­biedig.

Related Articles

Back to top button