Local newsNews

Vadersdag: Drie geslagte van seën

“Dit is ’n groot genade om deel van my drie kleinseuns se lewe te wees en te kan sien hoe hulle grootword,” sê Johan Human (72) van Modimolle.

Die rol van vaderfiguur het nie net by sy eie kinders gestop nie — hy het steeds ’n belangrike taak om te help grootmaak aan die derde geslag Humans.

Johan en sy vrou, Erna, woon net twee blokke van hul seun, Danie (38), en sy vrou Marlize en hul drie besige seuntjies Ernan (3), Rupert en Finley (albei 5) in Modimolle.

“Soveel grootouers woon ver van hul kleinkinders af. Ons besef hoe gelukkig ons is,” het hy aan Die Pos gesê.

“Ek en ouma Erna is baie betrokke en die kinders kom kuier elke Sondagmiddag by ons sodat hul ouers kan rus,” het hy gesê. “Modimolle is ’n wonderlike dorp om in te woon. Ons sal nêrens anders heen gaan nie.”

Danie en Marlize het in 2008 van die stad na Mookgophong verhuis en in 2010 na Modimolle toe getrek. Danie en Johan werk saam by PSG-makelaars in die dorp. Danie het ook aan Hoërskool Nylstroom gematrikuleer.

Danie beaam dat twee paar ekstra hande — ouma en oupa op die koop toe — beslis ouerskap makliker maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button