NewsSchools

Groot vreugde toe bees sy stert lig

Laerskool Vaalwater het op Saterdag 8 Junie hul eerste “Moo-Poo-dag” gehou.

Die program was propvol pret en plesier vir die gesin.

Die dag was geskoei op die GPS-lesings (Global Positioning System) wat ’n netwerk van posisies op die rugbyveld aangedui het. Drie pragtige wit Brahmane is oor die veld gelei en die plek waar die “bemesting” geval het, kon vir kaartjiehouers van dié spesifieke GPS-koördinate ’n lekker prys besorg.

’n Verheugde Brian Molefe (30) van Hammanskraal en werknemer van Ackermans in Vaalwater, wys sy Moo-Poo-kaartjie waarmee hy ’n bees gewen het. Hy het ’n kaartjie teen R100 gekoop en die beesmis het op dié dag op Molefe se GPS-koördinaat geval. Hier wens die skoolhoof van Laerskool Vaalwater, Leonard Vorster, vir Molefe geluk.

 

’n Verheugde Brian Molefe (30) van Hammanskraal en werknemer van Ackermans in Vaalwater, het ’n bees gewen nadat die beesmis op dié dag op sy GPS-koördinaat geval het.

Hannelie Oelofse, ’n ma van Laerskool Vaalwater het ’n vark gewen en Christo Prinsloo van Wierdapark in Gauteng het ’n skaap gewen.

Die dag het ook ’n pretdraf ingesluit en oud en jonk het daaraan deelgeneem. Die deelnemers het mekaar met helder kleurvolle poeierverf bestook en daarna die roete deur die dorp afgelê.

Boeresport soos in die ou dae was ook ’n treffer onder die besoekers. Die deelnemers het hul vernuf gewys in die sakresies, hulle het probeer om ’n vark en hoender te vang en daar was nog verskeie ander pret-items. Vir die kleiner besoekers was die springkasteel en die treintjie wat agter ’n vierwielmotorfiets gesleep is, die hoogtepunt.

Heerlike snoepgeregte is te koop aangebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button