Local newsNews

Kom geniet swierige oggend saam met Kansa

Die jaar­lik­se Cuppa vir Kan­sa vind van­jaar by Tha­ba Man­zi net buite Bela-Bela plaas en die te­ma vir die swie­ri­ge ge­leent­heid is “De­nim and Diamonds”.

Dit vind op Sa­ter­dag­og­gend 22 Junie van 10:00 tot 13:00 plaas, maar be­soe­kers word aan­ge­moe­dig om vroeër op te daag om die uit­soek­stal­le­tjies met ju­we­liers­wa­re en edel­ge­steen­tes teen be­kos­tig­ba­re pry­se te bekyk.

Die be­ken­de RSG-om­roe­per Amo­ré Bek­ker is die spreker. Sy is ook ’n TV-aan­bie­der en die skry­wer van die boek “Toe-val-lig”. ’n Duet-sang­paar sal by die geleentheid optree.

Die kos­te vir die be­derf­oggend be­loop R120 per kaar­tjie. Soos ge­woon­lik sal die kan­ker­oor­win­naars weer spe­siaal ver­wel­kom word.

An­sie van Heer­den (Kan­sa se ge­meen­skaps­mo­bi­li­seer­der) vra dringend hulp van nog gas­vroue wat die oggend kan uit­help.

Vir meer in­lig­ting, bel vir Van Heer­den by die Kan­sa-kan­toor in Mo­di­mol­le by tel. (014) 717 3950 of tel. 076 409 4444.

Related Articles

Back to top button