Local newsNews

Verligting ná bek-en-klouseer in sy spore gestuit word

Die de­par­te­ment van land­bou, bos­bou en vis­se­ry­e het op Dins­dag 28 Mei be­ves­tig dat die bek-en-klou­seer-uit­braak in Lim­po­po amp­te­lik verby is.

Die uit­braak, wat do­de­lik vir die­re is, het op Maan­dag 7 Jan­ua­rie ont­staan en daar­toe ge­lei dat die Wê­reld­or­ga­ni­sa­sie vir Die­re­ge­sond­heid (OIE) Suid-Af­ri­ka se bek-en-klou­seervry­e sta­tus op­ge­hef het. Dit het die uit­voe­r van vee en vleisprodukte na die bui­te­land beperk en boe­re kon hul pro­dukte slegs bin­ne­lands ver­koop.

As nood­maat­reël kon geen vee bin­ne die ge­vaar­sone, wat in die Vhem­be-ge­bied in die noor­de van Lim­po­po ge­leë was, ver­koop of ver­voer word nie.

Luidens ’n ver­kla­ring van die de­par­te­ment is daar sedert Februarie geen ver­de­re ge­val­le van dié siek­te aangemeld nie.

Henk van de Graaff, voor­sit­ter van die Waterberg Distrik Landbou-unie (WDLU), as­ook voor­sit­ter van die Trans­vaal­se Land­bou-u­nie (TLU) Noord-streek, het ge­sê die Vhem­be-ge­bied is be­kend daar­voor dat bek-en-klou­seer­ge­val­le daar aangemeld word en nood­maat­reëls dan in­ge­stel moet word.

“TLU is ver­heug oor die nuus dat die verbod opgehef is. Ons wag nog om met die nu­we LUR van land­bou in ge­sprek te tree en plan­ne te beraam om met die re­ge­ring saam te werk om toekomstige uitdagings te voorkom.”

Die be­heer en be­per­king van bek-en-klou­seer bly ’n re­ge­rings­diens, maar die TLU se ei­e ken­ners en vee­art­se is beskikbaar om met raad en daad by te staan as die siek­te weer op­duik, het Van de Graaff ge­sê.

Chi­na het in­tus­sen sy mo­ra­to­rium op die uit­voer van wol van­uit Suid-Af­ri­ka ge­lig. Sa­me­spre­kings om vleis na China uit te voer is eg­ter luidens die verk­la­ring steeds aan die gang.

Die de­par­te­ment het reeds die nuut­ste ver­wik­ke­ling­e met die OIE ge­deel en wag op ’n positiewe uit­slag om sy sta­tus te­rug te kry.

Related Articles

Back to top button