NewsSchools

Flukse klublede knap kerkhof op

Die Eko-klub van Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong is ’n groep kinders wat nie skroom om hande vuil te maak en die dorp te help opknap nie.

Estie Muller en Lize-Mari Annandale is die twee onderwysers wat die klub by die skool behartig.

Hulle het besluit om die ou begraafplaas in die dorp te help skoonmaak as deel van hul jaarprojekte.

Die spannetjie het op Woensdag 22 Mei ingespring en begin met die skoonmakery.

Juanita van Heerden, een van die ouers van die skool, het hulp aangebied. “Ons het al die vullis opgetel en in swartsakke gegooi. Die sakke en handskoene is deur Bianca Mocke, ’n raadslid, geskenk. Ons het twee uur lank gewerk en alles op ’n bakkie gelaai en na die dorp se vullisterrein geneem,” het Muller gesê.

Sy het gesê die kinders en onderwysers is hartseer omdat die begraafplaas onversorg gelaat word.

Volgens Annandale is daar sowat 40 leerders van gr. R-7 wat aan die klub behoort. Hulle onderneem kunsprojekte en uitstappies en verbreed op dié manier hul kennis en leer ook meer oor herwinning.

“Ons probeer om gereeld by die ouetehuis in die dorp ’n draai te maak en neem sommer iets lekkers soos kolwyntjies vir die bejaardes,” het sy gesê.

Related Articles

Back to top button