Local sportSport

Gholfstokke swaai vir ’n goeie saak

Gholf­spelers land­wyd het weer hul stok­ke na­derge­trek om die kan­ker­ver­eni­ging van Suid-Afri­ka (Kan­sa) te on­der­steun ty­dens die bekende San­lam-kan­ker­toer­nooi.

Ook by die Na­boom­spruit-gholf­klub het die gholf­spe­lers op Sa­ter­dag 25 Mei hul deel ge­doen. Die dag was ’n groot suk­ses met ’n be­drag van R13 140 wat aan Kan­sa oor­han­dig is. Daar het 14 vroue- en 23 mans­spe­lers aan die kompe­tisie deel­ge­neem. Al­mal was ge­klee in pienk en som-­mi­ge van die spelers het selfs met pienk gholf­bal­le ge­speel.

“Kan­sa be­dank el­ke gholf­spe­ler in die Wa­ter­berg­streek vir sy of haar by­drae tot die suk­ses van die gholf­dag wat plaas­ge­vind het,” het An­sie van Heer­den, ge­meen­skaps­mo­bi­li­seer­der van Kan­sa, ge­sê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button