GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Vaalwater staan bank­vas agter Deine Lubbe (34), ’n wild­vanger van die omgewing, wat dié naweek die moor­dende Com­rades-mara­thon aandurf. Lubbe het gesê hy wil graag ’n bewus­makings­veldtog vir kinders met kanker begin en uitbou. Sy veldtog word “Deine — Comrades Campaign for Rain­bows 2019” genoem. Hy vra dat mense die veldtog sal volg en onder­steun. Sy nommer tydens die wed­loop is 13739 indien mense sy vorde­ring wil dophou.

 

Lehlogonolo Mokwena, Hoërskool Warmbad se o.15-rugbyspeler, het met hierdie breekslag ’n baie mooi drie aangeteken teen die span van Stanford College. Die o.15 span is die naaswenners in die liga en speel op Saterdag 8 Junie teen Hoërskool Louis Trichardt in Makhado in die semifinale ronde. Foto: Herman Steyn

 

Anrico van der Schyff van Hoërskool Warmbad se eerste rugbyspan is soos blits op pad doellyn toe. Die Warries het teen Stanford College gespeel en ’n wegholoorwinning van 61-3 behaal. Foto: Herman Steyn

 

Hoërskool Warmbad se eerste rugbyspan het geskitter tydens hul tuiswedstryd teen Stanford College. Die Warries het met 61-3 as ligawenners uit die stryd getree. Die Warries kom nou op Saterdag 13 Julie teen Hoërskool Tom Naudé in Polokwane in die finale ronde te staan. Foto: Herman Steyn

 

Hoërskool Warmbad het tydens Saterdag 1 Junie se wedstryde teen Stanford College op die Warries se tuisveld met hul pragtige pom-pom-meisies (bo en regs) gespog. Hulle ritmiese bewegings en gewaagde toertjies het die skare bekoor. Foto’s: Herman Steyn

 

Die Ecarté-gimnastiekklub in Modimolle se gimnaste spog vanjaar met buitengewone goeie prestasies. Al die gimnaste op die foto het vanjaar Limpopo-kleure in vlak 1-3 verwerf. Hulle gaan van 13-15 Junie aan die Noordsone-kampioenskap in Pretoria deelneem.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button