Home/Galleries/Community galleries/Geite en giere… Community galleriesGalleries Geite en giere… Wat gebeur in en om die Waterberg? June 7, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die Bosveld is sowaar nie vir sissies nie en waar Herman Steyn, Die Pos se fotograaf is, is daar klaarblyklik luislange. Steyn het net verlede maand lesers verstom met sy pragfoto van die Modimolle-boer LD Pienaar wat ’n luislang hervestig. Dié keer was Steyn saam met Rudi Venter en Franco Smit in die jagveld buite Bela-Bela toe daar wéér ’n luislang te voorskyn gekom het. Venter en Smit was egter nie so dapper nie en “wou net kyk hoe groot die slang is” voordat hulle die reptiel in vrede gelaat het. Foto: Herman Steyn Die Vroue Landbou-unie (VLU ) van Vaalwater het Dinsdag 28 Mei, by hul maandelikse byeenkoms ’n muntlegging vir die Wêreldbond vir Plattelandse Vroue gehou. Jakkie Louw het as kunstenaar opgetree en die vroue het groot waardering vir sy talent gehad. Volgens Berdine van Staden, skakelbeampte, het die vroue pragtige borduursteke op die allermooiste vatlappe gedoen voordat hulle gesellig saam gekuier het. Op die foto is Sondra Nortjé, Pam van Heerden, Ina Kotze, Zona Visser, Kotie Hedin, Marie Buys en Wilma van der Merwe. Die Leonard-egpaar van Vaalwater het op Woensdag 29 Mei hul 71ste huweliksherdenking gevier. Jan Leonard (93) en Santjie Bam (88) is ryklik geseën met sewe kinders, 16 kleinkinders en 19 agterkleinkinders. Die verlowingsfoto is sowat 72 jaar gelede geneem. June 7, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print