Local newsNews

Motorfietsryers maak mense bewus van plaasmoorde

Motorfietsgeesdriftiges van heinde en ver laat weer hul enjins op Limpopo se paaie brul vir bewusmaking oor plaasaanvalle.

Die groep 911 Riders with a Cause se lede kom van so ver as Gauteng en Mpumalanga en ry op eie onkoste ’n sirkelroete deur die provinsie.

By elke stoppunt ontmoet hulle mense wat geraak is deur aanvalle op plase en doen ’n gebed. ’n Soortgelyke aksie is in 2017 geloods. Volgens Bossie Bosman van die 911 Riders moedig hulle inwoners van die dorpe en boeregemeenskappe aan om hulle te ontmoet, sowel as diegene wat by plaaslike veiligheidsorganisasies betrokke is. Ook geestelike leiers word uitgenooi.

Motorfietsryers is welkom om langs die pad by hulle aan te sluit.

Die groep kom op Sondag 2 Junie om 12:40 in Bela-Bela by die polisiestasie bymekaar en om 14:00 in Modimolle by die ou konsentrasiekamp se begraafplaas.

Die motorfietsryers spring op Vrydag-oggend om 10:00 weg uit Tzaneen waarna hulle tot op Soekmekaar ry. Die Saterdagoggend is hulle om 08:00 in Makhado, 09:40 in Vivo, 11:50 in Polokwane, 14:45 in Tom Burke en om 16:30 in Lephalale. Sondagoggend spring hulle om 09:30 weg vanuit Thabazimbi, waarna hulle Bela-Bela en Modimolle besoek. Vir meer inligting bel vir past. TJ Murray by tel. 082 772 6396.

Related Articles

Back to top button